Fynbosfeetjies, deur Antjie Krog en Fiona Moodie

Fynbosfeetjies, deur Antjie Krog en Fiona Moodie. Uitgewer: Penguin Random House South Africa, Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2017. ISBN 9781415209028 / ISBN 978-1-41-520902-8

Die feetjies en ander denkbeeldige wesens in fynbosfeetjies is Fiona Moodie se eie skeppings, maar die blomme en wesens wat sy uit die natuur gekopieer het.
Fynbosfeetjies, deur Antjie Krog en Fiona Moodie. As kind was ek betower deur kinderryme: die klank en ritme daarvan en die onsêbaarheid wat op n manier tog gesê word.
Dit is een van die heerlikhede van die lewe om vir 'n kind ryme te lees en te sien hoedat klank 'n onuitwisbare dimensie belig." (Antjie Krog)
Dit is omrede sy fynbos, die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek, dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wêreld se ses planteryke: die Kaapse Blommeryk. Met ’n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wêreld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 nêrens elders voorkom nie. Fynbos is ’n vermenging van vier plantsoorte: protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio’s en ’n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse Blommeryk groei 69 van die wêreld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die wêreld se 160 gladiolusspesies aangetref. Op sy eie spog Tafeberg met byna 1 500 fynbosspesies.
Antjie Krog, een van Suid-Afrika se toonaangewendste digters, het haar digdebuut gemaak terwyl sy nog op skool was. Sedertdien het sy elf bundels gepubliseer, waaronder twee met kinderverse: Mankepank en ander monsters en Voëls van anderster vere. Sy is die skrywer van die beroemde Country of My Skutt, asook A Change ofTongue, wat in Afrikaans as n Ander tongval verskyn het, en Begging to Be Black. Sy het ook n novelle, 'n drama en drie digbundels in Engels gepubliseer. Van haar werk is in Engels, Arabies, Frans, Italiaans, Nederlands, Serbies, Spaans, Sweeds en Duits vertaal. Naas die vier eredoktorate waarmee sy vereer is, is sy onder meer met die Eugéne Marais-prys; die Rapport-prys, die Hertzog-prys, die RAU-prys, die Elisabeth Eybers-prys, die ATKV-prys en n toekenning vir voortreflike vertaling van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut bekroon. Sy en haar man; John Samuel, woon in Kaapstad waar sy buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland is.
"Om hierdie verse te illustreer was louter plesier omdat hulle my herinner het aan die denkbeeldige wéreld vvat ek as gelukkige maar alleenkind bewoon het op die Bolandse plaas waar ek grootgeword het. Dit was n vreugde om blomme te skilder en ek hoop dat my prente by kinders 'n belangstelling in die natuurskoon om ons in Suid-Afrika sal help aanwakker." Fiona Moodie het wyd gereis en in verskillende Europese lande gewoon voór sy en haar man en tweelingdogters in 1992 teruggekeer en hulle in Kaapstad gevestig het. Fynbosfeetjies is een van vyftien kinderboeke wat sy geïllustreer het sedert Bohem Press in Zurich haar eerste prenteboek, Benjamin Rocking Horse, in 1979 uitgegee het. Behalwe vir ses, het sy die teks vir al haar boeke geskryf. Haar prenteboeke het in talle lande verskvn, onder meer in China, Denemarke, die Faroereilande, Frankryk, Nederland, Italië, Japan, Noorwreë, Suid-Korea, Spanje, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State, en natuurlik ook híer - en in baie tale. In 1996 is Nabulela, haar agste boek, in sewe Suid-Atrikaanse tale gepubliseer. Fiona Moodie se illustrasies is in belangrike uitstalruimtes vertoon: Galerie MAAG - Zúrieh; lnternationale lugendbibliothek - Miinchen; Metropolitan Museum of Modern Art - New York; Museo Nacionai de Artes Deeorativos - Madrid; Habashi Kunsmuseum - Tokio; Centro Culturale di Esposizione - Venisië; Bibliotheque Méjanes - Aix-en-Provence; en Centre Georges Pompidou - Parys. In 2000 is sy met die SAPPI-prys bekroon vir Atlantis Rises en in 2010 met die MER-prvs vir beste prenteboek. In 2015 huidig Media24 en UNICEF haar met nog twee pryse.
Dit is 'n uittreksel van Fynbosfeetjies, deur Antjie Krog en Fiona Moodie.
Titel: Fynbosfeetjies
Skryver: Antjie Krog
Illustreerder: Fiona Moodie
Genre: Kinderboek, Gedigte
Uitgewer:Random House Struik, Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2017
ISBN 9781415209028 / ISBN 978-1-41-520902-8
Hardeband, 24 x 34 cm, 201 bladsye, 15 groot illustrasies
Krog, Antjie und Moodie, Fiona im Namibiana-Buchangebot
Fynbosfeetjies
Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld.
Country of My Skull
Country of My Skull captures the complexity of the Truth Commission’s work in a uniquely personal narrative.
A Change of Tongue
Ranging freely and often wittily across many terrains, this brave book provides an unique and compelling discourse on living creatively in South Africa.
Begging to be black
Experimental and courageous, Begging to Be Black is a welcome addition to Krog’s own oeuvre and to South African literary non-fiction.
Vetplant Fairies
Vetplant Fairies is beautifully illustrated in the style of Fynbos Fairies, its hugely successful predecessor.
Fynbos Fairies
This wonderfully rhymed and illustrated children’s book is about the imaginary fairy living around each species of Cape Fynbos.





