Drie swerwers in Suidwes, deur W. A. de Klerk

Drie swerwers in Suidwes, deur W. A. de Klerk. Die Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg, Suid-Afrika 1958

Drie swerwers in Suidwes, deur W. A. de Klerk. Die Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg, Suid-Afrika 1958

As mens W. A. de Klerk sy 'Drie swerwers in Suidwes' klaar gelees het, is die slotparagraaf ook 'n goeie samevatting van die leser se gevoelens: Agter ons het dae van avontuur, swerfdae oor ver paaie gelê. Vir elkeen van ons was dit 'n kosbare en nimmer te vergete ervaring. Totsiens Suidwes! Ons sal weer kom. Ons sal kom soek na jou wye horisonne, jou blou berge en geheimenisvolle klowe.

W. A. de Klerk  

Vooraf

Hierdie boekie 'Drie swerwers in Suidwes' wil slegs die besondere indrukke weergee wat ons op 'n gedenkwaardige toer opgedoen het. Die reis was vir ons werklik 'n enige ervaring. Iemand wat oor Suidwes en sy vroeë geskiedenis wil skryf, het 'n vanselfsprekende ereskuld te vereffen met dr. Heinrich Vedder van Okahandja. Sy groot werk Das Alte Südwest (daar is 'n goeie Engelse vertaling deur dr. C. G. Hall: South West in Early Times, en 'n goeie Afrikaanse weergawe deur H. Rooseboom: Die Voorgeskiedenis van Suidwes) sal seker nog baie lank die standaardwerk oor die vroeë dae van die gebied bly. As geskiedskrif is dit seker een van die hoogstaande werke van ons tyd. Diegene wat dalk geprikkel word deur die sketsmatige behandeling wat hier en daar in hierdie boek aangebied word, word sterk aangeraai om dit te lees. Vir die grootste gedeelte van die voorgeskiedenis wat dan ook in Drie Swerwers aangehaal word, moet die skrywer sy dank aan dr. Vedder getuig. Dit bly nog steeds ons één verdriet: dat ons tydens ons besoek nie kon kennis maak met hierdie uitmuntende geleerde nie. Beroemde universiteite het hom reeds met dok-torsgrade honoris causa vereer. Meer as een maal het hy al beroepe van ver oor die blou see ontvang om 'n hoogleraarskap te aanvaar. Maar dr. Vedder verkies om sy kosbare liefdeswerk op Okahandja voort te sit. Erkenning van ampsweë vir sy groot werk het in 1950 gekom toe hy deur die Unieregering benoem is tot Senator om veral die belange van die naturelle in Suidwes te behartig. Ons innige hoop is net dat ons op 'n moontlike volgende besoek, wel die geleentheid sal hê om met hierdie groot gees kennis te maak. Ook wyle dr. Gustav Preller se werk VoortreTtkers van Suidwes-Afrika is 'n besonder waardevolle en interessante geskrif. Waar ons in Drie Swerwers slegs raak aan 'n paar aspekte van die Afrikaner se geskiedenis in Suidwes, kan u dit byna alles opgeteken vind in laasgemelde boek. Omdat 'n mens jou in 'n reisbeskrywing dikwels moet verlaat op vertellings, oorlewerings, geskrifte, ens., is dit net moontlik dat daar hier en daar nog 'n feite-onjuistheid weggekruip het. As dit nog die geval is, dan is dit sondetjies te goeder trou begaan.

Hoofstuck Een

Wat is dit in Suidwes wat jou bekoor, wat jou hart gryp en dit nie maklik weer laat los nie? Waarom wil die Suidwesters op g'n ander plek ter wêreld woon nie? Wat is dit wat die swerwer weer en nog weer terugbring na dié grootse aarde en met die weersien die ou, diep onrus van die bloed laat voel? Miskien het dié vrae by ons opgekom toe ons in die vroeë ure van daardie wintermóre die koers noord-waarts inslaan. Voor ons het die onbekende en die weke van avontuur gelê. Elkeen van ons drie stuks het vantevore al heelwat rondgeswerf. Nou was dit die tog deur Suidwes ... dramatiese Suidwes, waaroor ons die vorige agt maande tot vervelens toe gesels en gedroom het. Ja, ons het met groot verwagting gegaan. Ons verwagtings is vervul. Dikwels is hulle oortref. Ons het ongemak verduur en soms swaargekry. Dit was maar 'n klein prys vir die rykdom wat ons teruggebring het. Dreun oor die lang stofpad na die noorde: af langs die silwer, kronkelende Olifantsrivier; Citrusdal, Alfa en Clanwilliam; lemoenboorde groen en geurig en vol belofte; die blou muur van die Sederberge, die reënnat hange en die trotse bastionne; suid en oos van Pakhuis die kantige vesting van ou Krakadouw. Anderkant Clanwilliam het ons die eerste keer uitgespan en die ketel laat sing. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek Drie swerwers in Suidwes, deur W. A. de Klerk.

Titel: Drie swerwers in Suidwes
Srywer: W. A. de Klerk
Genre: Reisverslag
Uitgewer: Die Afrikaanse Pers-Boekhandel
Johannesburg, Suid-Afrika 1958
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 13 x 19 cm, 191 bladsye, sommige s/w fotos

de Klerk, W. A. im Namibiana-Buchangebot

Drie swerwers in Suidwes

Drie swerwers in Suidwes

Drie swerwers (W. A. de Klerk en sy vriende) van Suid-Afrika op pad in die suidelike en sentrale Suidwes-Afrika in die laat vyftigerjare. Nie dikwels om te vind nie.