Die vreeslike avonture van Oliver Twist, van Charles Dickens

Die vreeslike avonture van Oliver Twist, van Charles Dickens. Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2006. ISBN 9781770073296 / ISBN 978-1-77007-329-6

Die vreeslike avonture van Oliver Twist, van Charles Dickens. Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2006. ISBN 9781770073296 / ISBN 978-1-77007-329-6

Die vreeslike avonture van Oliver Twist, die Charles Dickens geskryf het, is vertaal deur Janie Oosthuysen.

Janie Oosthuysen  

'n Droewige geboorte: Op 'n sekere dorp, waarvan die naam 'n geheim sal bly, was daar 'n plek wat 'n huis vir armes genoem was. Hier is pas 'n baba gebore wie se geboortedatum ook 'n geheim sal bly. En 'n hele ruk ná die geboorte het dit gelyk asof die baba se naam die derde geheim sal wees - omdat hy nie lank genoeg sal lewe om 'n naam te kry nie. Klein Oliver Twist sukkel om asem te haal. Hy lê lank alleen eenkant op 'n matrassie en worstel met die dood. Toe nies hy skielik, trek sy longe vol lug, en skreeu uit volle bors. Terwyl Oliver wys hoe hard hy kan skree, ritsel die kombers op 'n ysterbed langs hom. 'n Jong vrou lig haar bleek gesig van die kussing af op en prewel: "Wys my kind vir my dat ek kan sterf." Die dokter is besig om sy hande warm te maak voor die vuur. Toe hy die jong vrou se stem hoor, stap hy nader en sê sag: "Nee, nee, jy moenie van doodgaan praat nie, kind." "Ja-nee," mompel die ou vrou wat die dokter gehelp het met die geboorte. Sy neem 'n paar lang slukke uit 'n groen bottel en steek dit dan in haar voorskoot se sak. Toe sê sy heftig: "As sy dertien babas gehad het soos ek, dokter, en almal dood behalwe twee, sou sy nie so maklik van doodgaan gepraat het nie!" Die jong vrou skud haar kop en wys met haar hand, en die dokter sit die bondeltjie in haar arms. Sy druk haar koue lippe teen die voorkoppie, streel oor die gesiggie, kyk verwilderd rond en val sidderend terug teen die kussing. Die dokter en die ou vrou masseer haar arms en slape, en praat haar moed in. Maar die nuwe moeder se hart het vir ewig gaan staan. "Arme kind," sê die ou vrou met 'n sleeptong. "Arme bloedjie." "Moenie my kom roep as die kind vannag skree nie," sê die dokter. "Hy gaan waarskynlik lastig wees. Gee hom 'n bietjie dun pap - as hy dit sal binne hou." Hy sit sy hoed op, talm 'n oomblik langs die bed, en sê dan: "Dis 'n mooi meisie. Wie was sy?" "Die opsigter het haar laas nag hierheen gebring," antwoord die ou vrou. "Sy't glo iewers langs die straat gelê. Sy't ver geloop, want haar skoene is klaar, maar waarvandaan sy gekom het en waarheen sy op pad was, weet nugter." Die dokter buk oor die liggaam en tel die linkerhand op. "Die ou storie," sê hy kopskuddend. "Geen trouring nie. Nou ja, goeienag." Hy stap weg om iets te gaan eet. Nadat die ou vrou haar eers weer met die inhoud van die groen bottel versterk het, gaan sit sy op 'n stoeltjie voor die vuur om die baba aan te trek. En watter verskil maak klere tog nie. Toegedraai in 'n kombersie sal niemand kan sê of Oliver Twist 'n ryk man of 'n bedelaar se kind is nie, maar die dun kleertjies brandmerk hom as 'n arm, honger weeskind wat deur die wêreld geskop en geslaan sal word - iemand wat almal verag en vir wie niemand omgee nie. Klein Oliver skreeu lustig voort. As hy geweet het hy is 'n wesie in 'n huis vir armes, het hy dalk nóg harder geskree. (...)

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Die vreeslike avonture van Oliver Twist, van Charles Dickens.

Titel: Die vreeslike avonture van Oliver Twist
Skryver: Charles Dickens
Vertaling: Janie Oosthuysen
Uitgewer: Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2006
ISBN 9781770073296 / ISBN 978-1-77007-329-6
Sagteband, 13 x 21 cm, 304 bladsye

Dickens, Charles und Oosthuysen, Janie im Namibiana-Buchangebot

Die vreeslike avonture van Oliver Twist

Die vreeslike avonture van Oliver Twist

Charles Dickens het die beroemde roman Die vreeslike avonture van Oliver Twist geskryf.

Weitere Buchempfehlungen

Die verste uur

Die verste uur

In sy spanningsvolle nuwe boek Die Verste Uur maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis.

The Griekwastad Murders

The Griekwastad Murders

This is a full account on the Griekwastad Murders, which occurred on 6 April 2012, on the Naauwhoek farm in the Northern Cape, South Africa.

Valsrivier

Valsrivier

Valsrivier is 'n Skerp, kragtige nuwe Suid-Afrikaanse roman wat die rouste seer sonder sentimentaliteit pak.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.

Papegaaislaai

Papegaaislaai

Die vlymskerp satire Papegaaislaai skud die fondasies van Afrikaanse popkultuur soos goeie rock 'n' roll.