Die Verhaal van Namutoni, van Nikolai Mossolow

Die Verhaal van Namutoni, van Nikolai Mossolow.

Die Verhaal van Namutoni, van Nikolai Mossolow.

Nikolai Mossolow sy boek Die Verhaal van Namutoni is Afrikaans vertaal deur sy vriend Johannes von Moltke, Suidwes-Afrika.

Nikolai Mossolow  

Tot met die uitbreek van die runderpes in 1897 het Namutoni 'n skaars opge-merkte stukkie Suidwesaarde gebly. Die Sweedse reisiger Charles John Andersson (1828-1867) kom die eer toe dat hy as die eerste bekende blanke man op 29 Mei 1951 saam met die Engelsman Francis Galton (1822-1911) op die reis na Ondongua die water by Omutjamatunda verbygetrek het, waar daar op 'n hoogte 'n sterk, met riet omgroeide, moerasagtige fontein was, waardeur ons Namutoni kan herken. (By Omutjamatunda het die eerste kraal van die Ovambovolk gelê.) Die Rynse sendeling Carl Hugo Hahn (1818-1895), 'n Baltiese Duitser uit Riga, vergesel deur sendeling Johannes Rath en die Kanadese Engelsman, die olifantjagter Frederick Green (1829-1876), het nie, soos wat tot nou toe verkeerdelik geglo is, op hul reis na Ovamboland in 1857 oor Namutoni gegaan nie; maar hy het dit bereik oor Ondowa, noordoostelik van Namutoni. Die Switserse bontanikus Hans Schinz (1858-1942), die latere direkteur van die Botaniese Tuin in Zürich, wat op 4 Maart 1886, kort na die totstandkoming van die Duitse Beskermingsheerskappy oor Suidwes-Afrika, oor die water-plek getrek het, wat hy Amutoni genoem het, het daaraan net 'n kort sinnetjie gewei. Dit was 'n groot, diep en deur 'n sterk fontein bewaterde kalkpan, begroei deur riet en deur voëls bewoon. Hy self het daar gejag en daar gebad. Die volgende, was Trekboere, wat die Etosha genader en daar aan malaria gely het*. Toe die runderpes uitgebreek het, is daar in die noorde van die land 'n spergebied van etlike honderd kilometer opgerig, en Namutoni is as 'n wagpos uitgesoek, op die kruispad van Otavi na Ondongua en na die Ovambo-omuramba, net soos aan die ander end van die Etosha geleë Okaukuejo. Na die einde van die runderpes het Namutoni as 'n grenspos bly bestaan, met die opdrag om die smokkelhandel in wapens, ammunisie en alkohol, trouens, die hele handel met die Ovambo's te bewaak. Die besettingsmag wat in riethutte gewoon het, het bestaan uit een onderoffisier, een gesondheidsbeampte en twee ruiters. Op Okaukuejo is in 1901 'n militêrepos opgerig, wat onder bevel van luitenant Sixt von Arnim gestaan het. Daar is 'n fortagtige stasie met 'n ronde toring gebou, wat intussen reeds lankal verval het. [...]

* „Lank voor die Dorslandtrekkers was die volgende mense op Namutoni: die jagter en hande-laar Smuts, die handelaar Charles Henry Sabatta, die verkafferde Robert Lewis, die Sweed Axel Ericksson, die Baster William Worthington Jordán en die jagter en handelaar Pieter Botha". Mnr. J. von Moltke was so vriendelik om my bostaande informasie te laat toekom, waarvoor ek hom dank verskuldig is.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Die Verhaal van Namutoni, van Nikolai Mossolow.

Titel: Die Verhaal van Namutoni - Die Geschichte von Namutoni - The History of Namutoni
Skryver: Nikolai Mossolow
Uitgewer: John Meinert (Pty) Ltd
Windhoek, Suidwes-Afrika 1971
Originalsagteband, 18x24 cm, 60 bladsye baie fotos, (Afrikaans, Duits, Engels)

Mossolow, Nikolai im Namibiana-Buchangebot

Otjikango or Gross Barmen

Otjikango or Gross Barmen

Otjikango or Gross Barmen: The history of the first Rhenish Herero Mission Station in Otjikango/Gross Barmen in South West Africa 1844-1904.

Hansheinrich von Wolf und Schloß Duwisib

Hansheinrich von Wolf und Schloß Duwisib

Dies ist eine ortsgeschichtliche Schrift über Schloß Duwisib in Namibia und ihren Erbauer, Baron Hansheinrich von Wolf.

Waterberg. On the History of the Mission Station Otjozondjupa, the Kambazembi Tribe and Hereroland

Waterberg. On the History of the Mission Station Otjozondjupa, the Kambazembi Tribe and Hereroland

This is a well documented, detailed and interesting book on the on the history of Waterberg, the Mission Station Otjozondjupa, the Kambazembi Tribe and what was then Hereroland.

Windhoek heute - Windhoek to-day

Windhoek heute - Windhoek to-day

Windhoek heute - Windhoek to-day beschreibt die Haupstadt und das kulturelle Leben Südwestafrikas in der Zeit 60er Jahre.

Die Geschichte von Namutoni - Die Verhaal van Namutoni - The History of Namutoni

Die Geschichte von Namutoni - Die Verhaal van Namutoni - The History of Namutoni

Die Verhaal van Namutoni - Die Geschichte von Namutoni - The History of Namutoni wurde von Dr. Nikolai Mossolow, der noch viele Zeitzeugen kennengelernt hatte, 1971 herausgegeben.

Windhoek damals; Die Windhoek van weleer; This was Old Windhoek

Windhoek damals;  Die Windhoek van weleer; This was Old Windhoek

"Windhoek damals" beschreibt die Stadtgeschichte Windhoeks bis hin zur Aufhebung der deutschen Selbstverwaltung 1915.

Otjikango oder Gross Barmen

Otjikango oder Gross Barmen

Ortsgeschichte der ersten Rheinischen Herero-Missionsstation Otjikango oder Gross Barmen in Südwestafrika 1844-1904.

Afrikanischer Heimatkalender 1983

Afrikanischer Heimatkalender 1983

Vom Afrikanischer Heimatkalender ist dieses Jahrbuch die Ausgabe von 1983.

Afrikanischer Heimatkalender 1981

Afrikanischer Heimatkalender 1981

Dies ist der 51. Jahrgang Afrikanischer Heimatkalender für das Jahr 1981.

Waterberg. Beitrag zur Geschichte der Missionsstation Otjozondjupa, des Kambazembi-Stammes und des Hererolandes

Waterberg. Beitrag zur Geschichte der Missionsstation Otjozondjupa, des Kambazembi-Stammes und des Hererolandes

Beitrag zur Geschichte der Waterberg-Missionsstation Otjozondjupa, des Kambazembi-Stammes und des Hererolandes.