Die vere van die duiwel, deur Sigrid Schmidt

Die vere van die duiwel: Vergete ou Afrikaanse sprokies - gpgediep in Namibië, deur Sigrid Schmidt. Kuiseb Uitgewer. Windhoek, Namibië 2014. ISBN 9789994576258 / ISBN 978-99945-76-25-8

Die vere van die duiwel: Vergete ou Afrikaanse sprokies - gpgediep in Namibië, deur Sigrid Schmidt. Kuiseb Uitgewer. Windhoek, Namibië 2014. ISBN 9789994576258 / ISBN 978-99945-76-25-8

Die vere van die duiwel is 'n versameling van vergete ou Afrikaanse sprokies wat Dr. Sigrid Schmidt in Namibië opgediep het.

Sigrid Schmidt  

Inleiding

Toe ons gesin in 1960 by die Hardapdam konstruksieterrein in Namibië gewoon het, het ek per abuis ontdek dat die Nama en Damara van die omgewing nog steeds sprokies vertel. Omdat dit een van my gunsteling onderwerpe was as student in Duitsland, het ek begin om sulke vertellings gretiglik te versamel. My ambisie was eintlik om onbekende Afrika-mites op te diep. En hoe teleurgestel was ek nie toe die vertellers "Aspoestertjie" en "Hansie en Grietjie" vertel het nie! Die vertellers het egter gesê dat hulle hul stories geleer het van hul moeders en oumas. Hoe groter my versameling geword het, hoe meer het ek besef dat 'n aantal van hierdie ooglopend Europese verhale glad nie in die bekende boeke van die gebroeders Grimm en Perrault was nie, of dat hulle ten minste op 'n ander manier vertel is. Ek het spoedig opgelet dat die Nama/Damara-variante heelwat Afrikaanse elemente bevat. Helde het stereotipiese name gehad soos Jan of Jannie, die towerformules is in Afrikaans uitgespreek en sommige vertellers het selfs die Afrikaanse slotformule gebruik: "Fluit, fluit, my storie is uit!" Hierdie Nama/Damara tradisies moes gebaseer gewees het op die Afrikaanse tradisie. Maar hoe kon Nama en Damara oumas verhale met 'n Afrikaanse oorsprong geleer het? Dit het vir my 'n uitdaging en 'n lewenstaak geword om hierdie raaisel op te los. Ek wil u kortliks die spore wys. Kom, volg my terug in die geskiedenis: In 1837 het die Skotse offisier James Alexander begin om die onbekende wêreld noord van die Oranjerivier (nou die Gariep) te verken waar min witmense gekom het. 'n Groep Namas het by hom aangesluit en hy het sy verslag oor die ekspedisie verlewendig deur verhale in te voeg wat die Namas in die aand om die vuur vertel het. Hierdie verhale is die heel eerste optekening van Nama-verhale. Die heel eerste verhaal is egter die bekende storie van Jakkals en Wolf wat dood speel voor 'n transportwa. Dit is die populêre Reynard-verhaal van Wes-, Sentraal- en Oos-Europa, en hier in die Nama weergawe vervoer die wa - in die warm, droë suide van Namibië - selfs vis, soos in die baie Europese variante van die verhaal! Hoe kan ons hierdie raaisel verklaar? Alexander skryf dat sy beste metgesel die Nama hoofman Jan Buys (Boois) was en dat hy 'n baie goeie verteller was wat sy verhale in Hollands vertel het. Sy lewe is goed gedokumenteer. Die Boois het die Noordkaap net na 1800 verlaat. Dit beteken: die Boois-groep het die verhaal saamgebring uit die suide, wat nou Suid-Afrika is. So, ons weet dat die verhaal die Noordkaap bereik het teen 1800 en dat dit gedeeltelik in die ou Europese vorm vertel is, maar gedeeltelik aangepas by die Afrika-lewe en fauna. Die tweede verhaal wat Jan Boois vertel het, is 'n oer-Indiese diereverhaal wat ons ken uit die Book of the Parrot, 'n verhaal wat nie in Europa vertel is nie, maar ingebring is deur Kaapse Maleiers en wat nog steeds populêr is in Suid-Afrika. Kom ons kyk bietjie skerper na 18de eeuse Suid-Afrika. Dit was 'n smeltkroes van 'n verskeidenheid bevolkingsgroepe: die blankes van Nederland, België, Duitsland en Frankryk, die plaaslike Khoe en die slawe van Indonesië en Indië, die sogenaamde Kaapse Maleiers. [...]

Dit is 'n uittreksel uit: Die vere van die duiwel, deur Sigrid Schmidt.

Titel: Die vere van die duiwel
Subtitel: Vergete ou Afrikaanse sprokies - gpgediep in Namibië
Skrywer: Sigrid Schmidt
Genre: Sprokies
Uitgewer: Kuiseb Uitgewer
Windhoek, Namibië 2014
ISBN 9789994576258 / ISBN 978-99945-76-25-8
Sagteband, 17 x 24 cm, 96 bladsye

Schmidt, Sigrid im Namibiana-Buchangebot

Die vere van die duiwel

Die vere van die duiwel

Die vere van die duiwel is beskou as 'n belangrike bydrea tot die erfenis van sowel die afstammelinge von Europese setlaars, asook die nasate van Nama- en Damara-storievertellers.

Märchen aus Namibia. Volkserzählungen der Nama und Dama

Märchen aus Namibia. Volkserzählungen der Nama und Dama

Märchen aus Namibia. Volkserzählungen der Nama und Dama als bibliophile Ausgabe des Eugen Diederichs Verlags.

Namibia fürs Handgepäck

Namibia fürs Handgepäck

Südafrika fürs Handgepäck ist eine Sammlung von Auszügen aus Klassikern der südafrikanischen Literatur.

Journal 62-2014 (Namibia Scientific Society / Namibia Wissenschaftliche Gesellschaft)

Journal 62-2014 (Namibia Scientific Society / Namibia Wissenschaftliche Gesellschaft)

A scientific series published by the Namibia Scientific Society, this is the Journal Volume 62 dating from 2014.

Das Erdmännchen, ein Lesespaß. Lesebuch für die Grundstufe

Das Erdmännchen, ein Lesespaß. Lesebuch für die Grundstufe

Das Erdmännchen - Ein Lesespaß. Lesebuch für die Grundstufe. Erstes Zusatzleseheft für den Deutschunterricht von Sub A- Std. II Taschenbuch, 1989.

Tricksters, Monsters and Clever Girls. African Folktales-Texts and Discussions

Tricksters, Monsters and Clever Girls. African Folktales-Texts and Discussions

Entertains by first-hand African folklore and stimulates the researcher by its detailed study

Scherz und Ernst . Afrikaner berichten aus ihrem Leben

Scherz und Ernst . Afrikaner berichten aus ihrem Leben

Scherz und Ernst . Afrikaner berichten aus ihrem Leben