Die swerfjahre van Poppie Nongena, deur Elsa Joubert.

Die swerfjahre van Poppie Nongena, deur Elsa Joubert. ISBN 0624011984 / ISBN 0-624-01198-4

Die swerfjahre van Poppie Nongena, deur Elsa Joubert. ISBN 0624011984 / ISBN 0-624-01198-4

Soos in van haar vorige boeke behandel Elsa Joubert in Die Swerfjare van Poppie Nongena weer die tema wat Hennie Aucamp omskryf het as „die saamleefpatroon binne veelras-sige gemeenskappe".

Elsa Joubert  

Terwyl sy in Ons wag op die kaptein en Bonga Angola en Mosambiek as skryfter-rein kies, staan sy met hierdie boek vierkant binne die Suid-Afrikaanse ervaringswêreld. Poppie Nongena, 'n swartvrou, word in Upington se lokasie by haar ouma groot. Xhosa ken sy swak - eintlik praat sy net Afrikaans. Weens 'n sameloop van omstandighede beland sy en haar mense op Lambertsbaai. Hier gaan sy skool, werk later in 'n visfabriek en trou met Stone Nongena, boorling van die Transkei. 'n Paar jaar ná hul aankoms op die dorp word dieswartmense aangesê om Lambertsbaai te verlaat en trek die gesin Kaap toe waar hulle in Jakkalsvlei, 'n woonbuurt van Nyanga, 'n sinkhuis bekom. In dié mistroostige omgewing probeer Poppie haar kinders grootmaak so goed sy kan. Sy kry inslaapwerk en gaan net Sondae huis toe. Haar tydelike werkpermit word tien jaar lank vir tydperke van twee tot drie of op die meeste ses maande lank hernieu, maar uiteindelik word syen haar kinders gedwing om Kaapstad te verlaat. Hulle word hervestig in 'n lokasie digby Oos-Londen terwyl Stone in Nyanga agterbly. Vier jaar later, ná Stone se dood, keer sy as broodwinner terug Kaap toe - net om vasgevang te word in die onluste wat in 1976 in 'n vloedgolf van geweld oor die land losbars. Hoewel Die Swerfjare van Poppie Nongena om die figuur Poppie Nongena gaan, verkry die boek algemeenmenslike geldigheid deurdat dit ook van duisende swartmense vertel wat hulle in soortgelyke omstandighede bevind. Poppie en haar familie versinnebeeld die begeertes, woede en frustrasies van die stedelike swarte. In 'n eie idioom vertel hulle van die steeds toenemende swart ontevredenheid en vervreemding wat onafwendbaar op diestakings van 1960en die onluste van 1976 uitloop. Hulle vertel hoe dit gebeur dat baie swartmense verskeur word tussen die tradisionele Xhosa-geloof en die Westerse godsdiens; waarom die tuislande vir baie swartes ná 'n leeftyd in blanke gebied onaanvaarbaar geword het. Kortom: in hierdie boek word die stedelike swartmense se leefwyse soos nog nie tevore nie in Afrikaans openbaar gemaak. Die Swerfjare van Poppie Nongena is outentiek en feitelik waar - 'n belangrike stuk hedendaagse geskiedskrywing, opgeteken in 'n pakkende enstrak joernalistieke styl; objektief, maar plek-plek so sensitief-persoonlik datdit die leserdiep ontroer. Dit is nie sensasioneel, sentimenteel, of 'n romantisering van die verdrukte nie, maar 'n nugter relaas met sterk politieke bowe - en newetone - sonder dat dit politieke betoog word.

Dit is 'n Uittreksel van die boek: Die swerfjahre van Poppie Nongena, deur Elsa Joubert.

Titel: Die swerfjahre van Poppie Nongena
Skrywer: Elsa Joubert
Uitgewer: Tafelberg
Kaapstad, Suid-Afrika 1979
ISBN 0624011984 / ISBN 0-624-01198-4
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14x22 cm, 276 bladsye

Joubert, Elsa im Namibiana-Buchangebot

Die swerfjahre van Poppie Nongena

Die swerfjahre van Poppie Nongena

Hierdie verhaal 'Die swerfjahre van Poppie Nongena' is gebaseer op die feite wat Elsa Joubert ingewin het oor die lewe van Poppie Rachel Nongena.

Melk

Melk

Melk is aktualiteitsprosa van die hoogste rang en Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel.

Der lange Weg der Poppie Nongena

Der lange Weg der Poppie Nongena

Der lange Weg der Poppie Nongena ist ein auf einer wahren Begebenheit beruhender Lebensbericht aus Südafrika.

Regenbogenland. Eine Familiensaga aus Südafrika

Regenbogenland. Eine Familiensaga aus Südafrika

Regenbogenland erzählt die Familiensaga der burisch-englischen Familie der van Veldes in Südafrika.