Die sirkel van bekende dinge, deur Johan Vlok Louw

Die sirkel van bekende dinge, deur Johan Vlok Louw. Random House Struik Zebra Press

Die sirkel van bekende dinge, deur Johan Vlok Louw. Random House Struik Zebra Press

In die styl van ’n moderne western is Johan Vlok Louw se roman Die sirkel van bekende dinge vol driftige jonges, motors en gewere.

Johan Vlok Louw  

Woensdag. Ou Joe loer deur 'n skrefie-oop gordyn vanuit sy donker woonstel. Daar is hy, net soos elke ander aand. O Kolonel, my kolonel. Hy gaan sit op die bed. Dink so 'n bietjie oor dinge. Binne bereik, langs die bedkassie, leun die haelgeweer in straatligskadu's. Ou Joe sit en kyk na die kamer, sy weerkaatsing buig vooroor in die spieël. Hy hoor 'n mack-agtienwieler buite rem. Daar gaat hy turbojaend. 'n Beemer Ses huil verby, spat ligpatrone teen die muur. M3, dolphin shape. Iets groter nou, 'n V8 dreun dof deur katalisators. Nuwe model Merc, geen fluit van die kompressor nie - aspirated amg - sesliter? Hmm. Later staan hy op en haal die Makarov uit en staan daarmee langs die kas. Nee. Hy sit dit terug. In die badkamer was hy sy gesig, stap dan gangaf buite toe. Dis donker in die upstairs. Ou Joe stap oor na 'n agterste ven-ster, kyk deur vyeboomblare na Lover Boy se partytjie. Hy klim die trappe af, onder sit 'n jongman. In die lig vanaf Ontvangs sien hy die buitelyne van 'n pistool onder sy hemp. "Frans?" Die jongman staan op. "Ou Joe?" - "Niemand kom hier verby vorentoe nie, ek het business innie straat." - "Is reg, Ou Joe. Julle hoorie Boss," roep Frans gangaf. Ou Joe sien nog twee skadu's beweeg. "Is reg," sê iemand. Ou Joe stap verby voorportaal toe. In die binnehof verjaar Lover Boy met 'n diep basdreuning, opgewonde stemme, 'n glas wat breek. Hy gaan sit agter die toonbank en skakel die lampie af. As hy effens oorleun kan hy die Ford Ranger se lyne onder die bome uit-maak onder die geel Shell-teken oorkant die straat. Binne die voordeur staan CK so wit soos die nag swart is. Hulle wag. Binnehof. Die vyeboom huil papierlinte. Ballonne vol rooi hartjies vas aan stoelleunings sweef in Karoo-lug bo bakkies met grondboontjies en skyfies op netjies gedekte tafels - duiwelviennas op stokkies. Heerlik. Ou Wild Bill B het omtrent al tien verorber. Dan is daar ook vure vir die spitbraai. Twee oopgevlekte skape draai lui aan spitte. Prossie-boesems en -boude beweeg ritmies in vlamskaduwees. Harde anties van die lorrieskof. Lover Boy, dans-end, word van die een na die ander rondgeskuif. Ten minste het die outjie vet, swetende pret. Boem-boem-boem. Kolossale luidsprekers. 'n dj met 'n oranje syserp skwiek-skwiek lps. Baie geraas. Baie beweging. Bill B staan aangeleun teen die agtermuur van die An-nex in 'n effens donker hoek alles en gade slaan, soek na Sandy-vir-special-locals-only. Bridge is al 'n ruk skoonveld, weg saam met sy maatjie, 'n kamer in. Darem gevra: "Is jy oukei, Bill B? Ons is nou-nou terug." - "Wild Bill B is oukei, poephol." - "Seker?" - "Ja." [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman Die sirkel van bekende dinge, deur Johan Vlok Louw.

Titel: Die sirkel van bekende dinge
Skrywer: Johan Vlok Louw
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415206980 / ISBN 978-1-4152-0698-0
Sagteband, 15 x 22 cm, 240 bladsye

Vlok Louw, Johan im Namibiana-Buchangebot

Die sirkel van bekende dinge

Die sirkel van bekende dinge

Die roman Die sirkel van bekende dinge is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel.

Karoo Dusk

Karoo Dusk

In the style of a modern western, Johan Vlok Louw’s South Africa novel, Karoo Dusk, is filled with youth, cars and guns.

Eric the Brave

Eric the Brave

Eric the Brave is a war novel on the bush war in North Namibia and Angola.

Weitere Buchempfehlungen

Die lenige liefde

Die lenige liefde

Die lenige liefde, ’n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower.

South Africa's greatest batsmen

South Africa's greatest batsmen

'South Africa’s Greatest Batsmen' provides insights about each man’s background and career, his batting technique, and his main achievements at the crease.

I have life: Alison's journey

I have life: Alison's journey

The triumphant yet true story of a South African woman who refused to become a victim.

Strooidak en Toring

Strooidak en Toring

In Strooidak en Toring, Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, kyk terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die bekende boek von Heinrich Vedder, Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, vertel oor die gebeurtenisse in Suidwes tot aan die dood van Maharero in 1890.