Die Herero-Opstand 1904-1907, deur Gerhardus Pool

Die Herero-Opstand 1904-1907, deur Gerhardus Pool. Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij (HAUM). Eerste uitgawe. Kaapstad/Pretoria, Suid Afrika 1979. ISBN 0-7986-0359-3

Die Herero-Opstand 1904-1907, deur Gerhardus Pool. Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij (HAUM). Eerste uitgawe. Kaapstad/Pretoria, Suid Afrika 1979. ISBN 0-7986-0359-3

Voowoord tot die boek Die Herero-Opstand 1904-1907, deur Gerhardus Pool.

Gerhardus Pool  

Voortdurende botsings tussen Suidwes-Afrika se inheemse volke in die tweede helfte van die 19de eeu is 'n kenmerk van dié gebied se geskiedenis. Hierdie oorloë is deur die Duitse magsuitbreiding in Suidwes-Afrika beeindig. Ná 1900 het verskeie gewapende botsings tussen Blank en Swart egter gevolg. Die grootste van hierdie botsings is veroorsaak deur die Herero-opstand van 1904 teen die Duitse gesag. Tot nou toe het geen Suid-Afrikaanse historikus 'n wetenskaplike publi-kasie wat uitsluitlik oor dié opstand handel, die lig laat sien nie. Die enigste wat in 'n mate dié terrein betree het, was D. A. Kotzé in sy Ph.D.-proefskrif Duits-Inboorlingverhoudinge in Suidwes-Afrika 1880-1914. My navorsing is hoofsaaklik in Windhoek gedoen, in die Staatsargiefbewaarplek, die Argief van die Rynse Sendinggenootskap, die Biblioteek van die S.W.A. Administrasie, die Openbare Biblioteek en die Biblioteek van die S.W.A. Wetenskaplike Vereniging. 'n Belemmering was dat die dokumente oor die militêre verloop van die Duitse veldtog teen die Herero's nie meer beskikbaar is nie en dat niemand daarvan rekenskap kan gee nie. Die Argief van die Rynse Sendinggenootskap was van groot hulp. Die Duitse owerheid het aanvanklik net Rynse sendelinge toegelaat om onder die Herero's sendingwerk te doen. Die sendelinge het ten nouste met hierdie mense saamgeleef en het dikwels vir hulle as segsmanne by die owerheid opgetree. Uit die Sendinggenootskap se stukke kon ek 'n betreklik goeie beeld opbou van die Herero's se sienswyse aangaande die opstand. Namate die navorsing gevorder het, het dit duidelik geword dat die verhandeling lywiger sou wees as wat aanvanklik verwag is. Die verskillende aspekte van die onderwerp skakel egter só nou met mekaar dat dele nie weggelaat kon word nie. Deur bemiddeling van mnr. D. J. Terblanche, historikus by die Staatsmuseum in Windhoek, is ek in staat gestel om feitlik die hele gebied waarin die opstand voorgekom het, te besoek. Net in die heel oostelike gedeelte van die Omaheke kon ek nie kom nie. Die kaarte is gebaseer op terreinondersoek, die Duitse Kriegskarte van 1904, die militêre kaarte van Suidwes-Afrika wat in 1914 vir die Unietroepe opgestel is, topografiese kaarte van Suidwes-Afrika wat in Windhoek by die kantoor van die Landmeter-Generaal verkry is en die talle kaarte wat in publikasies verskyn het. My vrou het die kaarte geteken en prof. P. Smit van die Departement Geografie van die Universiteit van Pretoria het geriewe tot haar beskikking vir dié doel gestel. Aan hulle albei my opregte dank en waardering. Ek kan nie nalaat om mnr. D. W. Krynauw, 'n voormalige argivaris van die Staatsargiefbewaarplek in Windhoek, en mejj. Stern en Harper, van dieselfde inrigting, te bedank vir die hulp wat hulle aan my verleen het nie. 'n Spesiale woord van dank ook aan mnr. Glindmeier van die Rynse Sendinggenootskap vir die bereidwilligheid waarmee hy die Genoot-skap se argief tot my beskikking gestel het. Voorts word dank betuig teenoor die Raad van Geesteswetenskaplike Navorsing vir finansiële bystand. Vir gevolgtrekkings waartoe ek gekom het, aanvaar ek alleen die verantwoordelikheid. Ek is oneindig veel dank verskuldig aan my studieleier, prof. dr. D. J. Kotzé. Dit was 'n voorreg om onder sy streng, billike en menslike toesig en leiding te werk. Ook aan my ander eksaminator, prof. dr. P. J. van der Merwe, my hartlike dank vir sy deskundige advies. Ten slotte wil ek graag en in die besonder waardering betuig teenoor my eggenote vir die wyse waarop sy my die afgelope vyf jaar in hierdie studie bygestaan het.

Dit is 'n uittreksel van Die Herero-Opstand 1904-1907 deur Gerhardus Pool.

Titel: Die Herero-Opstand 1904-1907 
Skrywer: Gerhardus Pool
Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij (HAUM)
Eerste uitgawe. Kaapstad/Pretoria, Suid Afrika 1979
ISBN 0-7986-0359-3
Oorspronklike sagteband, 16 x 23 cm, 311 bladsye, 9 fotos, 23 kaarte, afrikaanse teks

Pool, Gerhardus im Namibiana-Buchangebot

Die Herero-Opstand 1904-1907

Die Herero-Opstand 1904-1907

Die Herero-Opstand 1904-1907: Die verhaal van die tevergeefse pogings van Duitse leiersfigure om vrede in Suidwes-Afrika te handhaaf, vrede tussen die inheemse volke onderling en vrede tussen Wit en Swart.

Samuel Maharero (Deutsche Ausgabe)

Samuel Maharero (Deutsche Ausgabe)

Biografie Samuel Mahareros, Hauptfigur des Widerstands der Herero gegen die deutsche Schutzmacht.

Samuel Maharero

Samuel Maharero

As an important Herero Chief during the German period of Namibia, Samuel Maharero’s life history is in some respect the story of a tribe’s struggle against colonialism.