Die Doelgerigte Lewe, deur Rick Warren

Die Doelgerigte Lewe, deur Rick Warren. ISBN 9781868423040 / ISBN 978-1-86842-304-0

Die Doelgerigte Lewe, deur Rick Warren. ISBN 9781868423040 / ISBN 978-1-86842-304-0

Rick Warren se boek 'Die Doelgerigte Lewe' is a boudruk vir ‘n Christelike lewe in die 21ste eeu, ‘n leefwyse wat op God se ewige waardes gegrond is, en nie op kulturele waardes nie.

Rick Warren  

Alles begin met God

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Kolossense 1:16 / Tensy jy 'n God veronderstel, is dit sinneloos om te vra wat die doel van die lewe is. Bertrand Russell, ateïs.

Dit gaan nie om jou nie. Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk. Dis veel groter as jou gesin, jou loopbaan of selfs jou wildste drome en ambisies. As jy wil weet waarom jy op dié planeet geplaas is, moet jy met God begin. Jy is deur sy doel en vir sy doel gebore. Die soeke na die doel van die lewe laat mense al duisende jare kopkrap. Dis omdat ons gewoonlik by die verkeerde plek begin — ons self. Ons vra selfsugtige vrae soos: Wat wil ek word? Wat moet ek met my lewe maak? Wat is my doelwitte, my ambisies, my drome vir my lewe? So 'n klem op onsself sal egter nooit ons lewensdoel duidelik maak nie. Die Bybel sê: "Hy het al wat lewe, in sy mag, die asem van elke mens." Anders as wat talle populêre boeke, flieke en seminare jou wysmaak, gaan jy nie jou lewensdoel raaksien deur binne-in jouself te kyk nie. Jy het dit waarskynlik reeds probeer. Jy het jouself nie geskep nie, dus kan jy mos nooit vir jouself vertel waarom jy geskep is nie! As ek jou 'n uitvindsel gee wat jy nog nooit gesien het nie, gaan jy nie weet waarvoor dit is nie, en die ding sal dit ook nie vir jou kan sê nie. Net die uitvinder of eienaar se handleiding sal wys waarvoor dit bedoel is. Ek het op 'n slag in die berge verdwaal. Toe ek stop en iemand vra om die pad na die kamp te verduidelik, hoor ek: "Jy kan nie van hier af daar kom nie. Jy moet anderkant die berg begin!" Net so kan jy jou lewensdoel nie verstaan as jy begin deur op jouself te konsentreer nie. Jy moet met God jou Skepper begin. Jy bestaan net omdat God wil hê jy moet bestaan. Jy is deur God en vir God geskep - en die lewe sal eers sin maak as jy dit verstaan. Net in God ontdek ons ons oorsprong, ons identiteit, ons betekenis, ons doel, ons sin en ons lotsbestel. Elke ander pad is 'n doodloopstraat. Baie mense probeer God vir hul selfverwesenliking gebruik, maar dit keer die natuur op sy kop en sal beslis misluk. Jy is vir God gemaak, en nie andersom nie, en die lewe gaan daarom dat jy God toelaat om jou vir sy doeleindes te gebruik, nie dat jy Hom vir jou eie doelein-des gebruik nie. Die Bybel sê: "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede." Ek het al talle boeke gelees wat maniere voorstel om die doel van my lewe te ontdek. Ek kan almal "selfhelp"-boeke noem, want hulle benader die onderwerp uit 'n selfgesentreerde oogpunt. Self-helpboeke, selfs Christelikes, bied gewoonlik dieselfde voorspelbare stappe om jou lewensdoel te soek: Dink aan jou drome. Bepaal jou waardes. Stel doelwitte.Weet wat jy goed doen. Mik hoog.Trek los! Wees gedissiplineerd. Glo jy kan jou doelwitte bereik. Betrek ander. Moet nooit tou opgooi nie. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Die Doelgerigte Lewe, deur Rick Warren.

Titel: Die Doelgerigte Lewe
Skryver: Rick Warren
Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Joahnnesburg en Kaapstad, Suid Afrika 2011
ISBN 9781868423040 / ISBN 978-1-86842-304-0
Sagteband, 13x20 cm, 295 bladsye, Taal: Afrikaans

Warren, Rick im Namibiana-Buchangebot

Die Doelgerigte Lewe

Die Doelgerigte Lewe

Die doelgerigte lewe sal jou na grootsheid lei omdat jy volgens die Groot Gebod en die Groot Opdrag leef.

Weitere Buchempfehlungen

Die lenige liefde

Die lenige liefde

Die lenige liefde, ’n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower.

Lukas, die geliefde geneesheer

Lukas, die geliefde geneesheer

Lukas, die geliefde geneesheer is ’n goed nagevorsde roman wat ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opbou.

The Griekwastad Murders

The Griekwastad Murders

This is a full account on the Griekwastad Murders, which occurred on 6 April 2012, on the Naauwhoek farm in the Northern Cape, South Africa.

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die bekende boek von Heinrich Vedder, Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, vertel oor die gebeurtenisse in Suidwes tot aan die dood van Maharero in 1890.

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, beskryv die lewe en tyd van 'n die groot hervormer Johannes Calvyn.