Buite die Hekke van Eden, van Paul Alberts

Buite die Hekke van Eden, van Paul Alberts.

Buite die Hekke van Eden, van Paul Alberts.

Buite die hekke van Eden bevat dagboekfoto's wat Paul Alberts oor 'n hele aantal jare in verskillende dele van Suid-Afrika geneem het. Woord en beeld lewer kommentaar in die land.

Paul Alberts  

Die Bybel se skeppingsverhaal is mooi, want dit vertel van n God wat die heelal op n sinvolle wyse aanmekaar gesit het - die een skeppingsdaad op die ander, sonder tierlantyntjies. Maar die sesde dag was n fout, want toe het die Here die mens geskape. God het besluit om mense te maak, wat sal "heers oor die visse van die see en die voéls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip". Oor voedsel vir die mens het God gese: "Ek gee nou aan julle al die piante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees." Die Here het die Paradys gemaak sodat die mens daarin kon wandel. Sake het gou verkeerd geloop, en sedertdien gaan dit net al hoe erger soos die millennia verbysnel. Die mens het uit sy päd gegaan om God se skepping soos dit op die aarde bestaan, te verwoes. Dit is bekend dat die Paradys en Afrika lank gelede dieselfde piek was. Mense praat selfs van Afrika as die Wieg van die Mensdom. Die Paradys en Eden is uiteraard ook dieselfde piek. Eden is vir my net 'n mooier woord.

Al wat van die Paradys oorgebly het, is enkele klowe en berge, n paar vlaktes en hier en daar 'n boom en n plant wat mense nog nie kon vernietig nie. Die mens werk egter hard daaraan om ook hierdie plekke te verwoes. Afrika versinnebeeld vandag die mens se handewerk op waarskynlik sy ergste. Op reis deur Afrika besef 'n mens des te meer dat jy jou buite Eden se hekke bevind; dat ons trouens buite die hekke gebore word. Wanneer ons sterf, hoef ons daarom nie te wonder of ons dalk hei toe sal gaan nie; ons lewe lank reeds in die hei. Die hei is waar ons is. Terwyl ek deur my land gereis het, het ek vir myself fotografíese notas begin maak. Later het ek dit vir my kinders gedoen, want ek wou he dat ook hulle moes wéét.

Ek kon hierdie groep foto's ook Reise in die Hei genoem het. Reise in die hei en reise buite die hekke van Eden is reise in presies dieselfde piek. Tydens my reise het ek egter soms afgekom op tonele wat my laat dink het: So moes Afrika eens gelyk het. Hiervoor was ek dankbaar. Hierdie versameling foto's is vir my kinders. Maar baie van my dagboekfoto's moet hulle liefs nooit sien nie. Miskien later, wanneer hulle ouer is en hui oé dof geword het, sal hulle beter daarop voor-bereid wees. Hierdie foto's en notas is ook sodat hulle moet weet waar ek was wanneer ek nie by hulle was nie. En sodat hulle ook iets sal sien, al is dit vlietend, van hoe Eden-Afrika eens op 'n tyd was.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Buite die Hekke van Eden, van Paul Alberts.

Titel: Buite die Hekke van Eden
Skryver: Paul Alberts
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suidafrika 2009
ISBN 97819198251749
Hardeband, 28x31 cm, 304 bladsye, baie fotos, Afrikaans

Die webwerf van Paul Alberts:

Alberts, Paul im Namibiana-Buchangebot

Buite die Hekke van Eden

Buite die Hekke van Eden

Buite die hekke van Eden is ’n unieke publikasie met ’n besondere kultuurhistoriese en artistieke waarde.

Weitere Buchempfehlungen

Bush of Ghosts. Life and war in Namibia 1986-90

Bush of Ghosts. Life and war in Namibia 1986-90

The remarkable photographs in Bush of Ghosts taken from 1986-90, show the Border War between the South African Defence Force and SWAPO.

Boererate

Boererate

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.

My Cape Malay Kitchen

My Cape Malay Kitchen

My Cape Malay Kitchen is about flavourful South African food, richly spiced curries, indulgent cakes and decadent desserts.