Boererate, deur Danie Smuts

Boererate, deur Danie Smuts. The Penguin Group (South Africa). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9780143539216 / 978-0-14-353921-6

Boererate, deur Danie Smuts. The Penguin Group (South Africa). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9780143539216 / 978-0-14-353921-6

Die gewilde Danie Smuts en sy meestal alkoholiese (Mampoer) boererate in 'n spotprent in 'n kontemporêre koerant.

Die gewilde Danie Smuts en sy meestal alkoholiese (Mampoer) boererate in 'n spotprent in 'n kontemporêre koerant.

Die Suid-Afrikaanse radio-en-TV-persoonlikheid Danie Smuts (1925-2003) het die lywige Boererate saamgestel na aanleiding van ’n radioprogram.

Danie Smuts  

Boererate, hierdie beskeie bydrae tot ons volkskunde het sowat negentien jaar gelede sy oorsprong gehad toe ek in die goeie ou dae van Springbok-Radio deur die hoofde versoek is om die oggendprogram waar te neem. Ek het dadelik besef dat alle uitsaaiers in 'n mate gebruik maak van 'n truuk om luisteraars te trek - en, belangriker, die getal te bou en te behou. Die gedagte aan boererate het onmiddellik by my opgekom, miskien omdat ek as kind die soort middele heel dikwels moes inneem ... of met 'n blikkie agter die bokke moes aanloop om die waardevolle kruieuitskeidinkies huis toe te bring sodat die maselspasiënte daarmee verpleeg kon word! Aanvanklik wou my nuwe "publiek" nie juis byt aan hierdie nuwe omroepertjie se lawwigheid nie, en ek moes maar kwaai spook om self met die nodige navorsing 'n versameling op te bou. Tyd en geduld, veral dié van my hoofde, was my egter goedgesind en mettertyd het die briewe wat eers drupsgewys ingekom het, geswel tot n vloed wat nou na bykans twintig jaar nog nooit afgeneem het nie. Alle eer en dank dus aan die wonderlike vriendekring van luisteraars wie se bydraes my taak vergemaklik het. Om elkeen persoonlik hier te noem is van selfsprekend onmoontlik, maar veral die name van mnr. en mev. Goerke van Verwoerdburg kan nie verswyg word nie, sowel as mev. Stuart van Somerset-Wes. Baie dankie vir hul hulp en samewerking. Die volksgeneeskunde is so oud as die mensheid self. Dit het ontstaan uit die ingebore strewe by die mens na selfbehoud. Ons volksgeneeskunde het ontstaan in tye van swaarkry, "op die ver verlate vlaktes met die kreun van ossewa". Hierdie volksgeneeskunde het in die vorige eeu oorlewering geword. Die meeste van die ou rate kan vandag natuurlik nie meer met die moderne geneesmiddels kompeteer nie, maar hulle kan in noodgevalle dikwels as goeie plaasvervangers dien, wanneer ander geneesmiddels ontbreek. Baie keer steun moderne geneesmiddele en dié van die volk op dieselfde beginsel. Penshare van 'n mannetjieskat sal help vir benoude bors - as gevolg van dieselfde beginsel as waarop baie moderne asmamiddels berus. Die hare is naamlik ryk aan stikstowwe, wat by verbranding suurstof vrystel. Dieselfde geld vir stinkblaar wat n aktiewe stof bevat wat vandag teen asma ingespuit word. Dit is wonderlik om te besef dat dit die natuur self is wat die natuur genees. Die meeste van die aktiewe geneesmiddels is trouens heeltemal toevallig ontdek. Kinien is op dié manier ontdek toe die vrou van die Spaanse onderkoning in Suid-Amerika die inboorlingraad gevolg het om van die skorse van 'n bepaalde boom te eet om haar malaria te genees. Die ontdekking van een van die vernaamste hartmiddels is aan n dergelike geval te danke. 'n Duitse vrou het aan n swaar hartkwaal gely en daar was vir haar geen hoop meer nie, tot sy eendag op raad van 'n buurvrou 'n afkooksel gemaak het van een van haar sierplante: die "Duitse vingerhoed" (Digitalis purpurea). Dit het haar van haar hartkwaal genees. Ons bied dus interessantheidshalwe van die boererate in my besit aan (ja, daar is nog baie meer), maar meld dat van die rate nie heeltemal vry is van gevare nie en ons kan geen verantwoordelikheid aanvaar nie. Oor die algemeen kan ons egter sê: boereraat is goeie raad! (Danie Smuts 1925-2003).

'n Paar voorbeelde uit Danie Smuts sy boererate:

  • Bene (vir die alsergat-bene): Jy neem die droë wit mis van 'n hond. Maak dit fyn en sit dit op. Of neem 'n skilpad se dop, brand dit en maal fyn, en sit op. Dit is 'n baie goeie raat hierdie. - Mev. R. Jegels van Oos-Londen.
  • Bene (wat geswel is): Meng 2 lepels kanferbrandewyn, 2 lepels asyn, 2 lepels terpentyn, 2 lepels soetolie, 2 lepels sout. Skud goed en smeer aan die pynlike plekke. - Frikkie J. Brand van Thornton. [...]

Dit is 'n uittrecksel van die boek Titel: Boererate, deur Danie Smuts.

Titel: Boererate
Skryver: Danie Smuts; Anna Vimercati
Genre: Kultuurgeskiedenis
Uitgewer: The Penguin Group (South Africa)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9780143539216 / 978-0-14-353921-6
Sagteband, 20 x 25 cm, 240 bladsye

Smuts, Danie im Namibiana-Buchangebot

Boererate

Boererate

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.