Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal, van Anton Prinsloo

Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal, van Anton F. Prinsloo.

Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal, van Anton F. Prinsloo.

Anton F. Prinsloo skryf in die voorwoord tot sy boek Annerlike Afrikaans - Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal:

Anton Prinsloo  

Dit is 'n algemene verskynsel, ook in Nederlands en Duits, dat kontreitaal, dit wil sê die woorde en uitdrukkings wat in verskillende streke van 'n land gepraat word of is, aan die uitsterf is. In Suid-Afrika is dit grotendeels te wyte aan die toenemende invloed van die media wat oor veral die laaste halfeeu 'n redelik standaardvorm van ons taal tot in die vroeër afgeslote gemeenskappe versprei het waar kontreitaal as kommunikasiemiddel onontbeerlik was. In hierdie werk word 'n hele aantal Afrikaanse versamelings van kontreitaalitems byeengebring en sodoende bewaar. Hierdie woordeboek was die skitterende ingewing van Dr. Jeanette Ferreira, Uitgeweryhoof van Protea Boekhuis in Pretoria; die bymekaarbring daarvan was 'n opwindende, openbarende taaltog vir my. In die taalkunde word daar sedert jaar en dag al gesê dat die dialekte van 'n taal geensins minderwaardig is aan die standaardvariëteit nie. Nêrens word dit beter geïllustreer as in die inhoud van dié woordeboek nie, met as die voorste kontreitaalvoorbeeld die Afrikaans van die Griekwas.

Hulle woorde en uitdrukkings omvat die hele lewe en lewenswêreld van die mens: sy geboorte, sy ontwikkeling na volwassenheid, sy dood; sy liefde, haat, afguns; sy swakhede en vermoëns; sy drange, siektes, godsdiens, bygeloof en vrese. Alle aspekte daarvan word in Griekwa-Afrikaans beskryf, maar met 'n gevatheid, 'n vernuf, 'n vindingrykheid wat 'n mens soms sprakeloos laat. Hierbenewens bevat die boek ook die besondere taaluitinge van meer as 700 ander kontreie. As 'n mens in so 'n streek 'n inkommer (sien daar) is, begryp jy dikwels nie waaroor 'n gesprek gaan nie: ook daarom dat hierdie versameling so beiangrik is.

Buiten die inligting wat verkry is uit die publikasies wat in die bronnelys verstrek word, is talle bydraes deur belangstellendes gelewer in antwoord op uitnodigings wat deur die pers, radio en TV uitgereik is. Daar is egter bronne en bydraes wat besondere vermelding en dank verdien. Die ruggraat van dié werk is uittreksels uit die 12 dele van die Woordeboek van die Afiikaanse taal (WAT): 'n goudmyn van inligting oor ons taal en wat goedgunstiglik deur die Hoofredakteur aan ons beskikbaar gestel is. Uit die WAT was van groot belang opnames uit die Taalatlas van S.A. Louw (eerste reeks, Universiteit van Pretoria) en die proefskrif van H.J. Lubbe, naamlik Die eufemisme in Afrikaans (Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1970). Meer besonderhede hieroor kan in die WAT verkry word.

'n Omvattende korpus woorde en uitdrukkings wat as n lewenstaak deur mev. Hetta Hager, kurator van die Mary Moffat-museum op Griekwastad, aangeteken is, is ook in n uitmuntend gesistematiseerde vorm aan my beskikbaar gestel. Dr. George Weideman, akademikus, digter en skrywer het ook 'n aansienlike lys optekeninge uit Namakwaland (veral Springbok) voor sy ontydige dood aangestuur. Die personeel van die Lindense biblioteek verdien spesiale dank, veral me. Mavourneen Mateer, wat besondere moeite gedoen het om bronne vir my op te spoor. Die titel van die boek is ontleen aan 'n inskrywing - slaan gerus anner-like na as eerste stap in 'n interessante taalwêreld vol pret.


Kontreitaalwoorde en Kontreitaaluitdrukking A-Z

A
aamborsie (s.nw.) - aborsie (Griekwaland-Wes)
aan (bw.) - in die uitdrukking aan en wen: af en toe (Knysna, Langkloof)
aanbring (ww.) - laat reg word om te paar, byvoorbeeld gesê van volstruise (Knysna, Langkloof)
aandblom, aandblommetjie (s.nw.) - 1. soort tjienkerientjee (Springbok). 2. soort blomplant met dikwels grasagtige blare en tregtervormige blomme; sommige soorte gaan teen die aand oop, ander bly oop, maar versprei hul geur veral teen die aand (Bredasdorp, Fraserburg, Humansdorp, Roggeveld)
aandgonna (s.nw.) - klein struik met silwerige, leeragtige blare en wit blomme wat teen die aand hul geur versprei (Riversdal)
aandou (ww.) - onthou (Griekwaland-Wes)
aandres (ww.; kontaminasie van aantrek en Engels dress) - aantrek (Griekwaland-Wes)
aangedoen (b.nw.) - in die uitdrukking aangedoen wees: skielik en onverklaarbaar siek raak, volgens volksgeloof getoor wees (Richtersveld)
aanlêer (s.nw.) - vryer, iemand wat weet hoe om by n vrou aan te lê (Breederiviervallei)
aanpraat (ww.) - berispe (Transvaalse Laeveld)
aans (b.nw.) - aanstons, binnekort (Transvaalse Laeveld)
aansien (ww.) - met respek behandel, byvoorbeeld die trekkers het die skoolmeester aangesien (Transvaalse Laeveld)
aansienlik (b.nw.) - aantreklik, byvoorbeeld 'n aansienlike man (Calvinia, Molopo, Sutherland)
aanspraak (s.nw.) - geselskap, byvoorbeeld die kind sal 'n aanspraak vir die oumense wees (Kenhardt tot Carnarvon, Stormberge)
aanstallageit (s.nw.) - in die uitdrukking aanstallageit maak: aanstaltes maak (Griekwaland-Wes)
aanswik (ww) - aangaan, byvoorbeeld ons sal op pad plaas toe sommergou daar
aanswik (Loeriesfontein)
aantreklik (b.nw.) - in die uitdrukking aantreklik wees vir iets: jou iets maklik
aantrek, sensitief wees vir iets, byvoorbeeld n slegte tyding (Griekwaland-Wes)
[...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal, van Anton F. Prinsloo

Titel: Annerlike Afrikaans
Subtitel: Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal
Skryver: Anton F. Prinsloo
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2009
ISBN: 9781869192655
Sagteband, 15x22 cm, 536 bladsye, Afrikaans


Bydraes oor kontreitaal vir 'n moontlik volgende uitgawe van dié boek kan gerig word aan Dr. Anton Prinsloo:

prinsa(at)worldonline.co.za

Dr. Anton Prinsloo
Posbus 44924
Linden 2104
Suid-Afrika

Prinsloo, Anton im Namibiana-Buchangebot

Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal

Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal

Annerlike Afrikaans - Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal bring meer as 700 kontreie na die mense toe om te geniet en te vergelyk.

Weitere Buchempfehlungen

Otjiherero Dictionary - Otjiherero Woordeboek - Otjiherero Embo Romambo

Otjiherero Dictionary - Otjiherero Woordeboek - Otjiherero Embo Romambo

This Otjiherero Dictionary/ Otjiherero Woordeboek/ Otjiherero Embo Romambo includes an introduction on pronunciation and grammar in Otjiherero, Afrikaans and English.