Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek, deur Alba Bouwer

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek, deur Alba Bouwer. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Eerste uitgawe. Kaapstad, Suid-Afrika 1975. ISBN 0624007456 / ISBN 0-624-00745-6

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek, deur Alba Bouwer. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Eerste uitgawe. Kaapstad, Suid-Afrika 1975. ISBN 0624007456 / ISBN 0-624-00745-6

Foto's uit die klein gedenkboek 'Afrikaans 100' deur Alba Bouwer  (ISBN 0624007456 / ISBN 0-624-00745-6)

Foto's uit die klein gedenkboek 'Afrikaans 100' deur Alba Bouwer (ISBN 0624007456 / ISBN 0-624-00745-6)

'n Mens moet nie vergeet nie dat party van die Maleise, Franseen Duitse woorde al in die Nederlands opgeneem was en langs daardie paadjie in die Afrikaanse taal ingeglip het. 'n Hele eeu en "n half was die Kaap 'n Hollandse kolonie. Hierdie klein gedenkboek deur Alba Bouwer verklaar met baie foto's en faksimilies die geboorte en beginjare van die jongste Germaanse taal, Afrikaans.

Alba Bouwer  

Eers gepraat en toe geskryf

Baie jare nadat die Kaapse Nederlands, wat baie Afrikaans klink, al ver en wyd gepraat is, kom die eerste „geskrif" daarin te voorskyn: „Lied ter Eere van die Swellendamsche en diverse andere Helden by de bloedige Actie aan Muizenberg in dato 7 Aug. 1795." Die naam van die digter is onbekend, maar dis 'n hekeldig oor die inneem van die Kaap deur die Britte in 1795, en dis nou nie Afrikaans soos ons dit ken nie, maar ook tog nie Nederlands nie. In 1825 het daar ook in 'n Kaapse koerant van daar die dae, De Zuid-Afrikaan, 'n „Afrikaanse" samespraak deur M. D. Teenstra verskyn en vyf jaar later 'n samespraak van C. E. Boniface, die gebore Fransman, wat in 1807 (hy was toe 20) Kaap toe gekom het en hier joernalis, toneelskrywer, toneelspeler (en ghitaarspeler!) was. Een van die vroegste geskrifte in die vroeë Afrikaans is juis deur Boniface: Die Nieuwe Ridderorde of de Temperantisten (waarvan die buiteblad op p.3 afgedruk is), die eerste oorspronklike toneelstuk met Afrikaans in wat gepubliseer is. In hierdie blyspel is daar tonele waarin twee Hottentotte, Manus Kalfachteren Grietjie Drilbouten, 'n lekker loslit Hottentot-Afrikaans praat. Hottentotstaal, het mense dié Afrikaans toe uit die hoogte genoem, want in hierdie stukke was dit mos eintlik die taal wat die skrywer die Hottentotte laat praat het. Kykdan vir Kaatje Kekkelbek deur Klip Springer (dit was die skuilnaam van A. G. Bain, die bouer van die Bainskloofpas by Wellington), 'n stuk met versies en prosa, in Engels en Afrikaans, watdie eerste keer in 1838 in Grahamstad opgevoer is, die volgende jaar in een Kaapse blad en binnedie volgendetien jaar ook weer in ander blaaie verskyn het. Moenie praat van die Afrikaans van Kaatje nie! Louis Henri Meurant (1811-1893), 'n man met'n Frans-Switserse pa en 'n Londense ma, wat in die Kaap gebore is en later by Afrikaanse pleegouers grootgeword het, was die skrywer van die eerste werklike „boek" in Afrikaans: Zamenspraak tusschen Klaas Waarzeggeren Jan Twijfelaar, overhet onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelyke en Weste/yke Provincie. Meurant was van 1844 tot 1850 eienaar en redakteur van HetKaapsche Grensb/ad, 'n Hollandse koerant in Grahamstad. Hierin het hy o.a. onder die skuilnaam Grietjie Beuzemstok en haar niggie Grietjie van Pas, briewe geskryf in die taal van onze Aferkaanders. Hierin was lekker amper Afrikaanse woorde soos baboullie (paaiboelie), vroueluy, kasta en nog ander. Daarna het hy op Cradock gaan werk en toe vir die Hollandse byvoegsel van The Cradock News die Afrikaanse hoofstukke van sy Zamenspraak begin skryf. So 'n ophef het die Dutch Boer (soos die redakteurs van hul lesers geskryf het) van hierdie stukke gemaak, dat hulle op die ou end Het Cradocksche Nieuwsblad begin het waarin die Zamenspraak toe aangegaan het. Op 6. April 1861 - byna 210 jaar nadat Van Riebeeck gekom het, het hierdie eerste Afrikaanse boek (met die titel en voorwoord nog in Nederlands) verskyn. D. C. Esterhuyse (1850-1897) - sou hy die „Kaapsche boer" van Sutherland wees van wie „een bundel gedichtjies in echt boeren-Kaapsch" in 1861 verskyn het, soos indertyd in Het Volksbladgeskryf is? Sy bundel se naam was Dertig Liederen en dit was verse, maar die taalmense is nog nie seker of dit wel die eerste „Afrikaanse" digbundel was nie. President F. W. Reitz (1843-1934), die Vrystaatse president wat versies gemaak en Engelse verse vertaal het. In 1870 hetsy vertaling van die Skotse digter Burns se „Tam 0'Shanter" in Het Volksblad verskyn as „Klaas Gezwintenzijn Paert". Pres. Reitz het Afrikaans liefgehad soos'n Boer sy moedertaal lief het, en daarom het hy in die taal geskryf en nie, soos party ander skrywers voor hom, om grappies te maak met Hottentottaal of om te sorg dat die Boermense darem sy goed kan verstaan nie. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek, deur Alba Bouwer.

Titel: Afrikaans 100
Ondertitel: 'n Klein gedenkboek
Skrywer: Alba Bouwer
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers Beperk
Eerste uitgawe. Kaapstad, Suid-Afrika 1975
ISBN 0624007456 / ISBN 0-624-00745-6
Oorspronklike hardeband, 15 x 22 cm, 49 bladsye, baie s/w fotos

Bouwer, Alba im Namibiana-Buchangebot

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek

Afrikaans 100 is 'n klein gedenkboek met skarse foto's uit die tyde van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Ses moie verhaaltjies vir kinders oor klein Abdoltjie, 'n Maleiertjie van die ou Kaap van Suid-Afrika.