Kolom: veertig opstelle, deur W. E. G. Louw

Kolom: veertig opstelle, deur W. E. G. Louw. Tafelberg uitgewers. Kaapstad, Suid-Afrika, 1964

Kolom: veertig opstelle, deur W. E. G. Louw. Tafelberg uitgewers. Kaapstad, Suid-Afrika, 1964

W. E. G. Louw se boek Kolom: veertig opstelle word gekenmerk deur 'n weloorwoë besinning oor die sake onder bespreking, 'n wellewendheid maar ook strydbaarheid as dit nodig blyk, plek-plek 'n aansteeklike geestigheid en 'n fyn versorgde taal.

'n Geestelike Gemeenskap

In hoeverre is dit vir 'n mens nodig, of selfs moontlik, om in jou besluite en dade, jou oordele en veroordelinge, jou geskrifte en kunsskeppinge, rekening te hou met die verlede en die toekoms? Die blote stel van dié vraag veronderstel al 'n band wat die huidige geslag met die verlede verbind, en wat ook na die toekoms verleng kan word. Immers, vir wie goed toesien, is die beskawing 'n geestelike gemeenskap van die lewendes met die voorgeslagte, die dooies, én met die nakomelingskap, dié wat nog gebore moet word. Só gestel, klink die waarheid eintlik so vanselfsprekend dat min mense daaroor sou wil twis. Tog word in die praktyk dikwels weinig rekening met daardie swygsames gehou! In 'n samelewing waarin om die een of ander rede die band met die verlede radikaal verstoor is, bv. deur 'n rampspoedige oorlog en verowering, of waarin die vooruitsigte vir 'n rustige, deurlopende ontwikkeling in die toekoms skraal lyk, sal die mens hom miskien meermale in 'n situasie bevind waarin hy met reg in die gevleuelde woorde van 'n 19de-eeuse Engelse digter sou kan sê: „Ek is die stuurman van my siel." Maar sulke situasies kom nie aldag voor nie. Die dooies het, hoewel hulle nie meer met menslike stemme met ons kan praat nie, nietemin vaste riglyne nagelaat waaraan ons, as ons gevoelig is vir iets soos die tradisie, ons eie besluite en dade kan toets. Uit hul openbare geskrifte, hul menings en redevoeringe, hul dagboeke en briewe, kan ons te wete kom hoe hulle in 'n gegewe situasie opgetree het, en aan die beginsels wat ten grondslag daarvan lê, kan ons soms met 'n redelike mate van sekerheid sê hoe hulle in dié of daardie nuwe situasie sou opgetree het. Daar is, kortom, 'n wolk van getuienis. As ons dié getuienisse nie raadpleeg nie, stel ons ons bloot aan die beskuldiging van onkunde of onverskilligheid; en as ons dit wél ken en tog daarmee nie rekening hou nie, dan aanvaar ons willens en wetens 'n verantwoordelikheid waarvoor ons bereid moet wees om eendag self die lof of blaam te dra. Dit is egter veel moeiliker om rekening te hou met die geslagte van die nog ongeborenes. Hulle is immers 'n dermate onbekende kwantiteit dat 'n mens slegs langs die weg van afleiding ook maar enigermate 'n indruk sou kan kry van hoe hulle geneig sal wees om eendag oor dit of dat te oordeel. Die feit dat dit moeilik is om met hulle rekening te hou, verlig egter geensins ons verantwoordelikheid nie; dit maak dit eerder swaarder. Kom ons kyk na twee voorbeelde: die eerste min of meer teoreties van aard; die tweede in hoë mate aktueel. Wanneer mense in ons eie tyd - soos die ou gesegde lui - bereid is om dit op 'n akkoordjie met hul gewete te gooi en, sê maar, 'n minderwaardige kunswerk aan te prys en selfs te bekroon, dan kan jy nou al sê dat dié oordeel waarskynlik binne 'n geslag of twee ingehaal sal word. In sulke sake is daar immers maar één toetssteen: dié van kwaliteit. Dat die kunstenaar 'n vooraanstaande persoon is, 'n gawe kêrel, wat dit só goed bedoel en soveel opgang gemaak het - dit álles is van minder belang; dit álles gaan verby. [...]

Dis is 'n uittreksel uit die boek Kolom: veertig opstelle, deur W. E. G. Louw.

Titel: Kolom
Ondertitel: veertig opstelle
Skrywer: W. E. G. Louw
Uitgewer: Tafelberg uitgewers
Kaapstad, Suid-Afrika, 1964
Oorspronklike hardband, 12 x 21, 128 bladsye

Louw, W. E. G. im Namibiana-Buchangebot

Kolom: veertig opstelle

Kolom: veertig opstelle

Die veertigtal opstelle in Kolom het oorspronklik as hoofartikels in Die Burger in die jare 1957 tot 1963 verskyn.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.