Kaap Kruis, van D. W. Krynauw

Kaap Kruis, van D. W. Krynauw.

Kaap Kruis, van D. W. Krynauw.

Die boek Kaap Kruis was opgestel vir die Historiese Monumentekommissie van Suidwes-Afrika deur lid en sekretaris D. W. Krynauw.

Die Kruis

Toe kaptein von Raven van die Duitse kruiser Wolf op 'n dag in Augustus 1884 anker gegooi het in die klein baai net noord van ons huidige bekende Kaap Kruis en 'n houtpaal met 'n kennisgewingbord daar op 'n effense hoogtetjie gaan oprig het as teken van Duitse inbesitname, was hy waarskynlik nie bewus daarvan dat iemand anders hom hier voorgespring het met 'n byna soortgelyke doel nie. Nie ver van kaptein von Raven se houtpaal het toe reeds 400 jaar lank 'n kalksteenkruis gestaan om aan te dui dat die ou Portugese ontdekkingsreisigers hierdie kaal, skynbaar onherbergsame vreemde land, bereik het in hul epiese ontdekkingsreise om die kus van Afrika. Kaal en lelik was die land sonder twyfel vir kaptein von Raven en die wrak van 'n groot onbekende ysterskip daar eenkant in die baai was ook seker nie so bemoedigend nie. As dit 'n mooi dag was sou hy daar ver in die binneland 'n hoë berg gesien het maar hy sou seker nie geweet het dat daar by daardie berg die bewyse was daarvan dat hierdie skynbare onher-bergsame land tog reeds duisende jare gelede wel inwoners gehad het nie. En nog baie nader aan die kus, by daardie lae randjies, het daardie men-se ook gewoon want ook daar was hul skuilplekke en nagelate kunswerke. Van al hierdie dinge en natuurlik die kalksteenkruis was kaptein von Raven onbewus en hy het sy reis voortgesit. Waar kom die benaming Kaap Kruis vandaan en wat is die verhaal van die kruis van Kaap Kruis? Die verhaal van hierdie kruis neem ons terug na die dae van die ou Portugese seevaarders wat in die 15de eeu hul lewe gewaag het deur in hul klein en lompe hout seilskepies die groot onbekende oseaan aan te durf in hul pogings om die legendariese ryk van Priester Johannes êrens in Afrika te ontdek en om dalk 'n seeweg om Afrika te vind. Hierdie Portugese pogings het vanaf die begin van die 15de eeu begin na die afname van die Moorse dwingelandy en die afwerping van die Spaanse juk. Dit was in die tyd van koning Johan I en dit was sy seun die Infante Dom Henrique wat hom persoonlik beywer het om hierdie pogings soveel moontlik aan te moedig en te steun.

By Sagres het hy sy seemanskool in die lewe geroep waar alles oor die seevaart van die tyd bestudeer is. Kartografiese materiaal is bymekaar gemaak, instrumente is bestudeer en toe Henrique in 1460 oorlede is was daar langs die kus van Afrika gevorder tot by die huidige Cabo Verga. Ten gevolge van al sy bemoeiings sou Henrique in later jare vir die wêreld bekend raak as Prins Hendrik die Seevaarder - al het hy self nooit op so 'n ontdekkingsreis gegaan nie. In die jaar 1475, in die tyd van koning Afonso I was daar gevorder tot byna by die monding van die Kongorivier. Toe Afonso in 1481 oorlede is het sy seun Johan opgevolg as Johan II en as man van die daad sou hy weer nuwe lewe blaas in die ondernemings langs die kus. Johan II het baie interne moeilikhede in Portugal geérf. Portugal was finansieel uitgeput en politieke woelinge het sy troon in gevaar gestel.

Maar Johan het die dreigende onheil met geweld afgeweer en hom daarop begin toelê om die voordele van die handel wat daar toe reeds met Afrika was - oorland en oorsee - tot voordeel van die staat self aan te wend. So het daar in 1481 'n ekspedisie van elf skepies onder leiding van Diogo de Azambuja vertrek. De Azambuja het by Sama aan die huidige Goudkus van Afrika met toestemming van die plaaslike inboorling koning 'n norerende handelsfaktory aan die gang gesit. Hierdie onderneming het o.a. ingesluit 'n kerk en 'n groot fort wat bekend geraak het as Castello de Sao Jorge da Mina. Na 'n afwesigheid van byna drie jaar het De Azambuja eers in 1484 na Portugal teruggekeer. Sy onderneming aan die Goudkus het Portugal finansieel baie aangehelp en nog voor sy terugkeer het koning Johan 'n ander ekspedisie uitgestuur wat Portugal in Junie 1482 verlaat het.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Kaap Kruis, van D. W. Krynauw.

Titel: Kaap Kruis
Skryver: D. W. Krynauw
Publikasies van die Historiese Monumentekommissie van Suidwes-Afrika, No. 4
Uitgewer: Historiese Monumentekommissie van S.W.A.
Windhoek, Suidwes-Afrika 1969
Original sagteband, 15x24 cm, 60 bladsye, baie fotos en illustrasies.

Krynauw, D. W. im Namibiana-Buchangebot

Die Alte Feste und der Reiter von Südwest

Die Alte Feste und der Reiter von Südwest

Die Geschichte und die Restaurierung der Alten Feste und des Reiters von Südwest in Windhoek.

Twyfelfontein (Krynauw, deutsche Ausgabe)

Twyfelfontein (Krynauw, deutsche Ausgabe)

Eine bildreiche ortsgeschichtliche Schrift über die Felsbilder von Twyfelfontein, Südwestafrika (1968).

Das Kreuzkap

Das Kreuzkap

Dies ist eine hochinteressante Beschreibung der Ortsgeschichte des Kreuzkap (Diaz Point) an der Atlantikküste Namibias.

Kaap Kruis

Kaap Kruis

Kaap Kruis is 'n publikasie van die Historiese Monumentekommissie van Suidwes-Afrika.

Weitere Buchempfehlungen

Die Geschichte von Namutoni - Die Verhaal van Namutoni - The History of Namutoni

Die Geschichte von Namutoni - Die Verhaal van Namutoni - The History of Namutoni

Die Verhaal van Namutoni - Die Geschichte von Namutoni - The History of Namutoni wurde von Dr. Nikolai Mossolow, der noch viele Zeitzeugen kennengelernt hatte, 1971 herausgegeben.

The History of the Port and Settlement of Walvis Bay 1878-1978

The History of the Port and Settlement of Walvis Bay 1878-1978

There is no complete record of the history of Walvis Bay. This book tells the history of it's port and the settlement 1878-1978.

Die Säule im Nebel. Geschichte des Dias-Padraos bei Lüderitzbucht

Die Säule im Nebel. Geschichte des Dias-Padraos bei Lüderitzbucht

"Die Säule im Nebel" ist die ausführlichste Beschreibung der Ortgeschichte des Dias-Padraos bei Lüderitzbucht von 1488.