Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat die dele 1 tot 8 asook die gedenkboek ter ere van een van die belangrikste skrywer en digter von Suid-Afrika.
07-0327
In stock
used
€249.00 *

Titel: Versamelde Werke van C. M. van den Heever
Skrywer: C. M. van den Heever
Reeks: Dele 1-8 en Gedenkboek C. M. van den Heever
Uitgewer: Afrikaanse Pers Boekhandel
Johannesburg, Suid-Afrika 1957
Oorsponklike hardeband, 14 x 21 cm, in totaal 2944 bladsye, sommige swart en wit fotos

Toestand:

Goed. Die hardebande het 'n paar merkies aan en swart merkies aan die agterkant. Die teks is skoon en die binding goed.
Skaars as 'n volledige reeks.

Uit die voorwoord:

Vanjaar vier die Afrikaanse Pers Beperk fees, hy herdenk sy stigting een-en-twintig jaar gelede. Die feesviering sal verskillende vorms aanneem, maar die kroon sal waarskynlik gespan word deur die uitgawe van die versamelde werke van een van ons mees gevierde woordkunstenaars: C. M. van den Heever. Die meeste van sy prosawerke het by die Afrikaanse Pers-Boekhandel verskyn, maar ander Afrikaanse uitgewers het toestemming verleen dat hulle uitgawes in die Versamelde Werke ingesluit word. Dit was 'n gelukkige gedagte om Van den Heever se werk non byeen te bring. Dit sal 'n boekeskat wees waarop ons volk trots sal wees, en dit sal aansluit by die versamelde werke van ander skrywers soos C. J. Langenhoven. Die boeke sal 'n sieraad wees vir elke woonkamer. Ons volk leer sy kultuurskatte al meer en meer waardeer, en veral sy letterkunde. Hoewel C. M. van den Heever en sy werk by elke ontwikkelde Suid-Afrikaner bekend is, wil ons tog hier 'n kort karakteristiek van sy vernaamste boeke gee wat in die reeks ingesluit word. Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever is in pragband verskyn.

Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat:

Deel 1: Anderkant die Berge; Op die Plaas
Deel 2: Kringloop van die Winde (3 novelles); Marthinus se Roem
Deel 3: Droogte; Somer; Jeug
Deel 4: Laat Vrugte; Simson
Deel 5: Langs die Grootpad; Die Laaste Baken
Deel 6: Groei; Vannag kom die Ryp
Deel 7: Van aangesig tot aangesig; Swaard van die Oomblik
Deel 8: Gister; Delwer en Sif
Deel 9: Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957