Uit ons prille jeug

Uit ons prille jeug is 'n mooie bloemlesing van geïllustreerde gedigte vir kinders deur A. G. Visser.
Visser, A. G.
07-0325
In stock
used
€29.95 *

Titel: Uit ons prille jeug
Digter: A. G. Visser
Genre: Gedigte
Illustrasies: Yolande en Ada Fries
Uitgewer: Nasionale Pers Bkp.
3. druk. Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1942
Oorspronklike sagteband, 15 x 20, 57 bladsye

Toestand:

Die sagteband het merkies aan, naam voor in die boek en roesvlekkies, enkele vlekkies in boek, die teks is skoon en die binding goed.

Beskrywing:

Dit is nie elke digter wat vir kinders kan skryf nie. 'n Kind vereis ritme, musiek, doodernstige humor, en 'n verbeelding net so fyn en net so volop as sy eie. Visser het dit besit, en die gevolg is dat sy rympies vir die kleinspan, wat hier in 'n boek versamel is, as 'n voorbeeld kan staan van wat sulke goed behoort te wees. Daar is in hierdie gediggies niks wat die minste aanstoot kan gee nie, en baie wat van die grootste nut vir die leser, al is hy oud of al is hy jonk, kan wees. Raaksienery, polsende gevoel, egte sentiment, nie die olieagtigheid wat daarvoor deurgaan nie, is in hierdie digbundeltjie te vind; en daarom beveel ek dit hartlik aan by elke ouer en elke onderwyser en elkeen wat met kinders te doen het en wat graag iets goeds wil hê om aan die kind voor te lees. (Voorwoord deur C. Louis Leipoldt)

Inhoud: Uit ons prille jeug

As Dit Fluit-Fluit Gaan
Die Bestelling
Raaisel
Middagslapie
Biesie-Biesie-Bame
'n Dosyn Waarhede
Moeder en Kind
Op die Vingers Ken
Die Strandlopertjie
Die Stout Beentjies
Kiering Speel
Predikasie
Mê!
Heldelied
Lied van die Ysterperd
Trippe, Trappe, Trone in die Droogte
Om Baie Vinnig te Lees
Weg is die Wapad
Van die Os op die Esel
Sê-nou
Noag se Ark
Goue Bruilof
Algemene Kennis
Jakkals, Wolf en die Laatslaper
Rymritjie
Die Wortel van die Kwaad
Liefde met Gevoel
Die Wilde Ruiter
Is Dit Dan Reg?

Recommendations for Uit ons prille jeug