Dapper kinders van Suid-Afrika

Dapper kinders van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Kotzé, D. J.
23517
9781869191061
In stock
new
€23.50 *

Outeur: D. J. Kotzé
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2006
ISBN: 9781869191061
Hardeband, 17x24 cm, 224 bladsye, fotos, Afrikaans


Beskrywing:

Dapper kinders van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Daar word vertel van die koue nag toe Klara Majola haar blinde pa gaan soek het. Jacobus Lombard onthou die ontberings wat hy as 15-jarige seun op die Dorslandtrek gely het en die dapperheid wat dit gekos het om te oorleef.

Die Anglo-Boereoorlog het heelwat kinderhelde opgelewer. Penkoppe (seuns van ongeveer 10–15 jaar) het saam met die Boere op kommando gegaan en in sekere gevalle saam gesneuwel.

Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar aan die dag gelê het.