'n Huis vir Ester

’n Huis vir Ester is ’n verhaal oor gierigheid, mag en diestryd om geregtig­heid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.
Campbell, Carol
26134
978-1-4152-0741-3
In stock
new
€16.80 *

Titel: 'n Huis vir Ester
Skrywer: Carol Campbell
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415207413 / ISBN 978-1-4152-0741-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 224 bladsye

Beskrywing:

Twintig jaar lank wag Ester Gelderblom al vir 'n huis. In Oudtshoorn se snerpende winter tree sy en haar vriendin Katjie aan om te sien ofhulle name dalk dié keer op die regering se lys van nuwe huiseienaars verskyn. Ester droom van 'n tinste vir haar dogter Liedjie, wat Sondae klawerbord by die Bless Me Jesus speel, en 'n plek waar haar man Neville weer op sy voete kan kom. Maar korrupsie beduiwel alles: Vir omkoopgeld manipuleer amptenare die behuisingskema se waglyste. Wanneer Katjie se blyplek afbrand, neem die twee vroue die reg in eie hande en beset hulle twee leë huise. So sit Ester en Katjie 'n reeks gebeure aan die gang wat alles kosbaar in hul lewens sal bedreig.