Leipoldt in Beeld en Woord

Leipoldt in Beeld en Woord is 'n uitgebreide en veelsydige bydrae tot die Leipoldtfees van 1980.
Leipoldt, C. Louis; Nienaber, P. J.; Bax-Botha, M. A.; Smith, Johannes J.; Burgers, M. P. O.; de V. Pienaar, P.; Schoonees, P. C.; Malherbe, F. E. J.; Dekker, G.; du Plessis Grobler, P.
07-0331
0-628-01725-1
In stock
used
€29.95 *

Titel: Leipoldt in Beeld en Woord
Skrywers: P. J. Nienaber
Uitgewer: Perskor-Uitgewery
Eerste uitgawe, eerste druk. Johannesburg, Suid-Afrika 1980
ISBN 0628017251 / ISBN 0-628-01725-1
Oorspronklike hardeband en stofjas, 19 x 25 cm, 143 bladsye, baie s/w fotos
deurgaans

Toestand:

Skoolstempel voor in die boek, maar verder in 'n redelike toestand.

Uit die voorwoord deur P. J. Nienaber:

Toe ek in die veertigerjare die Bronnegids by die Studie van die Afrikaanse Taal en Letterkunde opgestel het uit tydskrifte en koerante in ons argiewe en biblioteke, het ek op die gedagte gekom om 'n "Letterkundige Biblioteek" uit te gee wat sou bestaan uit 'n keuse van die beste studies en artikels in die tydskrifte. Daar was o.a. boeke oor Jan Celliers, Eugêne Marais, Langenhoven, en ook een, Leipoldt, Eensame Veelsydige (1948). Dit is hierdie boek wat ek nou verwerk het tot Leipoldt in Beeld en Woord, met die byvoeging van P. du P. Grobler se essay oor Leipoldt in my literatuurgeskiedenis, Perspektiefen Profiel, en "C. Louis Leipoldt oor Homself" uit die boek Afrikaanse Skrywers aan die Woord. Onder die foto's wat in die boek verskyn, is 'n hele aantal nuwes en onbekendes. Ek het jare gelede 'n aantal foto's versamel op Clanwilliam en by kennisse van Leipoldt in die distrik; ook op Calvinia. Dr. M. P. Olivier Burgers wat sy proefskrif oor Leipoldt geskryf het, het by dr. Bolus 'n aantal seldsame foto's raakgeloop en die meeste aan die Universiteit van Kaapstad geskenk. Mev. Burgers het nog 'n klompie gehad wat sy aan my vir die RGN gegee het. Mev. Bessie Gericke, hoof van die Nasionale Dokumentasiesentrum van die RGN, was so vriendelik om hulle vir die NALN te leen om afdrukke daarvan te maak. Die Universiteit van Kaapstad het ook afdrukke van hulle foto's beskikbaar gestel, asook The English Literary Museum and Documentation Centre van Grahamstad. My opregte dank aan al dié persone en instansies. Die res van die foto's was in die "Nienaber-versameling".

Inhoud: Leipoldt in Beeld en Woord

Voorwoord (P. J. Nienaber)
Na aanleiding van C. Louis Leipoldt se sestigste verjaarsdag (M. A. Bax-Botha)
Chris Louis Leipoldt. My vriendskap en "samewer-king" met hom (Johannes J. Smith)
Leipoldt as mens en digter (M. P. O. Burgers)
C. Louis Leipoldt oor homself
'n Onderhoud met Leipoldt (P. de V. Pienaar)
Leipoldt as prosaskrywer (P. C. Schoonees)
Die diepere sin van Leipoldt se poësie (F. E. J. Malherbe)
Ons grootste dramaturg (G. Dekker)
C. Louis Leipoldt (1880-1947) (P. du Plessis Grobler)
Bibliografie