Laat vrugte

Die Suid-Afrika roman Laat Vrugte word beskou as C. M. van den Heever se rypste werk.
07-0323
0-627-00086-X
In stock
used
€29.95 *

Titel: Laat Vrugte
Skrywer: C. M. van den Heever
Genre: Roman
Uitgewer: J. L. van Schaik Bpk.
Tweede uitgawe. Pretoria, Suid-Afrika 1975
ISBN 062700086X /ISBN 0-627-00086-X
Oorspronklike hardeband, 14 x 19 cm, 149 bladsye

Toestand:

Redelike goeie toestand.

Beskrywing:

Oom Sybrand, met al sy koppigheid en baasspelerigheid, voer 'n boer se stryd om die bestaan teen die kragte van die natuur. Terwille van sy aardse goed offer hy alles op wat vir hom liefde en geluk kan bring. Sy getroue vrou verwaarloos en verstoot hy, sy suster se stryd om te bestaan kan hy nie begryp nie, maar sy grootste dwaling begaan hy teenoor sy jong seun, Henning. Innerlik is hy jaloers dat Henning so kragtig uitgroei tot 'n man wat straks die eienaar van die ou familieplaas, Boskloof, sal word. Daar is diep in oom Sybrand die ewige drang om te bly lewe en heers, maar intussen besluip die ouderdom hom op genadelose wyse en sy seun moet dan sy onredelike buie verdra. Selfs met sy kranige ou moeder, tant Willa, kan hy nie tot 'n redelike vergelyk kom nie, want in albei werk die gees van taai boeregeslagte. Maar die natuurgebeure gaan rustig sy kringloop en oom Sybrand word voor die onvermydelike gestel. Na sy vrou se dood tree hy in die huwelik met 'n jong, gewetenlose weduwee en van nou af is sy lewe die ene onrus. As hy eindelik neergeslaan word in sy poging om kragtig en onbuigbaar te bly staan, is dit tog sy seun en dogter, intussen van hom vervreemd, wat nou toon dat hulle uit dieselfde hout as hy gesny is en wat hom fier aan die einde steun. In die aanraking van sy seun het hy die komende geslagte aangeraak. So kan hy rus vind in die besef dat hy, wat straks soos 'n herfsblaar grond toe sal daal, deur sy seun, deur sy kleinkind verbonde is aan die oneindige kringloop van die tye en aan God. So is hierdie roman "Laat Vrugte" gebou op die eenheid van alle lewe. Laat Vrugte is bekroon met die Hertzogprys vir letterkunde.