Groot Verseboek

Die bekende Groot Verseboek is 'n bloemlesing van die mooiste Afrikaanse gedigte in een band.
Opperman, D. J.
07-0333
In stock
used
€29.95 *

Titel: Groot Verseboek
Saamgestel deur: D. J. Opperman
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
Tweede uitgawe. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg, Suid-Afrika 1959
Oorsponklike hardeband, 14 x 22 cm, 279 bladsye

Toestand:

Redelike goed.

Beskyrwing:

Hierdie bloemlesing wil die mooiste Afrikaanse gedigte in een band saamvat, maar tegelykertyd die gedigte so kies en rangskik dat dit enigsins 'n beeld van die ontwikkeling van ons poësie gee. D. J. Opperman was bekend as uitstekene samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is hierdie Groot Verseboek.

Die Konsertina in die Nag (C. M. van den Heever)

Die stroom se silwer stem die gaan verlore,
daar waar die spruit se donker waterspore
onder die sterrenag in vertes gly.
Nou leef geen plaasgeluid; net skaad'wees sprei
hul donker spokelywe langs die mure;
en groot gaan in die stilte al die ure
soos lewens in die duisternis verby.

Daar klaag eers sag, dan heimlik-mooi die hese
treurstemmetjie - verlangend soos 'n wese
na dae lankal weg, lankal nie meer;
die tone klim en draal en val dan weer
en op hul leef herinnering en swewe na kinderjare,
na kinderjare, rykste van die lewe,
na dae lankal dood - lankal nie meer.

Nog ween die konsertinastem en bewe
die wysie, waarin verlange lewe
vol ou weemoed en herin'ringspyn.
Dit is weer stil! en in die stilte skryn
die groot verlange na die ewige sterre;
en luister! soos 'n stemmetjie van verre
klaag die ou spruitjie in donker - en verdwyn.