Drie swerwers in Suidwes

Drie swerwers (W. A. de Klerk en sy vriende) van Suid-Afrika op pad in die suidelike en sentrale Suidwes-Afrika in die laat vyftigerjare. Nie dikwels om te vind nie.
de Klerk, W. A.
drie-swerwers-in-suidwes
No longer available
used
€19.95 *

Titel: Drie swerwers in Suidwes
Srywer: W. A. de Klerk
Genre: Reisverslag
Uitgewer: Die Afrikaanse Pers-Boekhandel
Johannesburg, Suid-Afrika 1958
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 13 x 19 cm, 191 bladsye, sommige s/w fotos

Toestand:

Baie verweer aan stofomslag, stempelmerke, binne meestal skoon, verder in middelmatige toestand.

Beskrywing:

'n Paar jongmans gáán op reis per motor ná Suidwes-Afrika en die skrywer beskryf van hulle ondervindinge en vertel alles wat hulle gesien en gehoor het. Ons sien nie net die Suidwes-landskap met die oë van die skrywer en die swerwers nie, maar leer baie van die geskiedenis van die land. Die mooiste gedeeltes is die stemmingsvolle beskrywings, veral van die nag as ons luister na die gehuil van die jakkalse. Dis alleen 'n woordkunstenaar soos W. A. de Klerk wat in staat is daartoe om die leser so diep te ontroer. Saam met hom en sy maats is ons verwonder en verras oor soveel ongekende skoonheid, oor soveel ongekende verskynsels. Die paar pragtige foto's verhoog die waarde van hierdie werk. Lees ook van W. A. de Klerk 'Komedie onder die eike' en 'Die Gesel van Namaland'.