Die Oruuano-Beweging

Die Oruuano-Beweging in Suidwes-Afrika deur Ehrenfried Kandovazu.
05-0657
No longer available
used
€139.00 *

Titel: Die Oruuano-Beweging
Skrywer: Ehrenfried Kandovazu
Uitgewer: Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk)
Bucherlager Karibib, Suidwes-Afrika 1968
Oorspronklike sagteband, 14 x 22 cm, 40 bladsye, Afrikaans

Toestand:

Nog steeds goed. Dit lyk asof bladsye 'n bietjie nat geword het, en dan uitdroog, en bladsye golwend of gekabbel het. Skoon binne.

Oor: Die Oruuano-Beweging in Suidwes-Afrika

Gedurende 1965 is ek, Ehrenfried Kandovazu, deur dr. Theo Sundermeier van die Verenigde Lutherse Teologiese Seminarie te Otjimbingue, gevra, om aan die sektes-bewegings in Suid- en Suidwes-Afrika skrifwedstryd wat deur die Lutheran Theological College te Mapumulo aangebied is, deel te neem. Vir hierdie skrifwedstryd het ek net drie maande tyd gehad, dus het dit my baie tyd van gebid en studies geëis. Baie verrassend was dit vir my toe die beoordelaars van die College nie alleen die opstel goed-gunstig goedgekeur het nie, maar bo my verwagting met die eerste prys bekroon het. Hier kan ek ook nie nalaat om die dank aan my kollega en vriend, dr. Julius Baumann, uit te spreek wat my veral met die stof in Duits voorsien het. Die Kerkbestuur van die Evangeliese Lutherse Kerk in S.W.A. (Rynse Sending Kerk) het my gevra om hierdie geskiedkundige ge-beurtenis in ons kerk in 'n klein boekvorm vir ons Afrikaanssprekende medewerkers/sters te bewerk. Dus is hierdie boekie nie nét gebaseer op dinge wat ek deur studies leerken het nie, maar ook op persoonlike ondervindings. Die name van die persone wat in hierdie bóekie genoem word is hoegenaamd geen vyande of vriende nie, maar word slegs genoem omdat hulle aan hierdie ontwikkeling en geskiedenis gebonde is. Hierdie boekie is geskryf met die doel om inligting aan die mede-werkers/sters te gee wat met die ontwikkeling nie bekend is nie. Veral moet die ontwikkeling hier nie as net dwaasheid van bo af beoordeel word nie, maar veral word elke gemeenteleier opnuut opge-wek sodat hy die moderne hddendom mag oplet.

Content: Stamps & Stories: 50 Stories of Namibia's Postage Stamps Vol 1

I. Die Herero en hulle aanraking met die Evangelie
Die oergeskiedenis van die Herero
Die huwelik en geboorte van kinders
Die opstand tussen die Herero's en die Duitsers in 1904
II. Die ontstaan van die Oruuano-Beweging
Die historiese agtergrond
Die vorming van die Oruuano-beweging
Die tweede stap van die afbreking
Die hoogtepunt van die afbreking
III. Die Oruuano in werking
Die uitvoering van die program
Die sogenoemde profete
Die profete in Suidwes
Die profeet in die Kaokoveld
IV. Die uitslag van die beweging
Die Oruuano begin om 'n neerlaag te ly
Die ontstaan van die African Church
Die verhouding van die verskillende bewegings onder mekaar
V. Die verhouding van die Rynse Sending Kerk teenoor die Oruuano
Die ontmoeting met die hoofmanne in Okakarara
Ons moet vir die Oruuano 'n regte geestelike voorbeeld gee
VI. Die opgawe van die Evangeliese Lutherse Kerk teenoor die Oruuano
Die Rynse Sending Kerk as die selfstandige Evangeliese Lutherse Kerk in S.W.A. vandag
Het die Evangeliese Lutherse Kerk haar opgawe besef en nagekom?
Hoe die Evangeliese Lutherse Kerk moontlik die Oruuano vandag kan benader