Idees Vol Vrees Volume 4

Idees Vol Vrees Volume 4 volg op die sukses van die eerste drie boeke en is n versameling van nog 150 tekenprente.
Galloway, Kobus
26224
978-1-77022-735-4
In stock
new
€19.95 *

Titel: Idees Vol Vrees, Volume 4
Skryver: Kobus Galloway
Genre: Humor, komiese
Uitgewer: Random House Struik (Zebra Press)
Kaapstad, Suid-Afrika 2014
ISBN 9781770227354 / ISBN 978-1-77022-735-4
Sagteband, 24 x 18 cm, 154 bladsye, regdeur strokiesprente

Beskrywing:

Idees Vol Vrees Volume 4 volg op die sukses van die eerste drie boeke en is n versameling van nog 150 tekenprente, waaronder die gewildstes en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is n moet-hê vir sy bestaande bewonderaars en sal ongetwyfeld n hele klomp nuwes lok. As n bonus bevat die boek ook 50 van Kobus se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel. In minder as vyf jaar het Kobus Galloway se Idees Vol Vrees die grootste en suksesvolste Afrikaanse spotprentreeks ter wereld geword. Hy het nou 190000 aanhangers op Facebook, teenoor 80000 'n jaar gelede. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaardgaan met dubbelsinnige eenreel-woordspelings, is 'n reusegunsteling onder Suid-Afrikaners.