’n Affair om te vergeet

’n Affair om te vergeet is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak.
Opperman, Marie
26098
978-1-77020-043-2
In stock
new
€19.95 *

Titel: ’n Affair om te vergeet
Skryver: Marie Opperman
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781770200432 / ISBN 978-1-77020-043-2
Sagteband, 15 x 22 cm, 264 bladsye

Beskrywing:

Op 'n saterdagoggend vroeg in die lente van 2009 het ek 'n SMS van 'n vrou op my man se selfoon gekry. Hulle was toe al minstens 'njaar lank in 'n intense affair betrokke. My hele lewe, soos ek dit geken het tot op daardie oomblik dat ek die SMS gelees het, is in 'n oogwenk vernietig. In die plek van iemand wat tot op daardie oomblik heel gelukkig die tuin gestaan en natgooi het, was 'n vrou wat letterlik mal was van pyn. In die plek van die man wat ek met my hele hart liefgehad en vertrou het, was 'n vreemdeling wat my bedrieg het. In die plek van toekomsdrome waarin ek saam met my man oud word, was daar vrae: Moet ek van hom skei of nie? Sal ek hom ooit weer kan vertrou en liefhê? Sal ek hom ooit kan vergewe? Wat doen 'n mens as jy uitvindjou man het 'n affair? Hoekom hetjou manjou verkul? Ek, wat al voorheen affairs gehad het en gedink het ek is klaar daarmee, het nou weer te staan gekom voor hierdie dmg wat soveel hartseer en verwoesting saai. Ek, wat dit aan ander vrouens gedoen het, moes nou vir myself probeer sin maak hieruit.