Môrester

Pamela Jooste, geliefde en veelbekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, verskyn met Môrester vir die eerste keer in Afrikaans.
Jooste, Pamela
morester
978-1-4152-0042-1
No longer available
new
€17.80 *

Titel: Môrester
Skrywer: Pamela Jooste
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid-Afrika 2000
ISBN 9781415200421 / ISBN 978-1-4152-0042-1
Sagteband, 15x22 cm, 320 bladsye

Beskrywing:

Pamela Jooste, geliefde en veelbekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, verskyn met Môrester vir die eerste keer in Afrikaans. Môrester is die vertaling van Star of the Morning, wat in Februarie 2007 vrygestel is. Môrester is die verhaal van twee susters, bruin Kaapse meisies, wat wees grootword teen die einde van die apartheidsera. In 'n samelewing wat hulle reeds eenkant toe uitskuif, loop hulle hul ná hul moeder se dood teen 'n ander muur van vooroordeel vas: hul ma het onder haar stand getrou en haar suster, hulle antie Olive, gaan hulle nie inneem nie. Hulle word in die weeshuis gestop. So leer Rose en Ruby Jacobs vroeg reeds dat hulle in hierdie lewe slegs mekaar het om op te steun. Dit is 'n les wat hulle in 'n band verenig wat as iets aangrypends uitstaan in die geheel van die Suid-Afrikaanse letterkunde. Déúr die weeshuis en anderkant uit hou dit hulle bymekaar, onder die wrede tong van antie Olive, deur huwelik en verhouding - tot anderkant die dood bly hulle onafskeidbaar.