Die vreeslike avonture van Oliver Twist

Charles Dickens het die beroemde roman Die vreeslike avonture van Oliver Twist geskryf.
die-vreeslike-avonture-van-oliver-twist
978-1-77007-329-6
No longer available
used
€11.80 *

Titel: Die vreeslike avonture van Oliver Twist
Skryver: Oliver Twist
Vertaling: Janie Oosthuysen
Uitgewer: Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2006
ISBN 9781770073296 / ISBN 978-1-77007-329-6
Sagteband, 13 x 21 cm, 304 bladsye

Beskrywing:

“Asseblief, meneer,” sê Oliver Twist, “kan ek nog ’n bietjie kry?” Elke mond om die groot tafel hang oop. “Nog?” vra meneer Behne. “Bedaar, meneer Broddel, bedaar. Verstaan ek jou reg dat die seun nog kos wil hê, en dít nadat hy sy bakkie sop opgeëet het?” “Ja, meneer,” antwoord meneer Broddel. “Daardie seun sal nog hang,” sê die man met die wit onderbaadjie. “Wag net, julle sal sien.” Oliver Twist sou nie hierdie lewe gekies het nie. Nadat sy ma gesterf het tydens sy geboorte, word hy groot by die kwaai mevrou Mann; later moet hy by ’n doodkismaker gaan werk en tussen doodkiste slaap. Hier word hy só mishandel dat hy wegloop. Op die strate ontmoet hy die Glibberige Kalant en die gemene Willem Slibbes. Saam met die bose Femel, met ’n klompie straatkinders wat vir hom werk, wil hulle hom oplei as dief. Die lewe raak onhoudbaar vir Oliver Twist. Maar hoe kan hy wegkom uit die boewe se greep? En waarheen sal hy gaan in die grote Londen waar daar geen genade vir ’n weeskind is nie? Dié storie van goed en kwaad sal lesers tot aan die einde boei en laat naels kou.

Charles Dickens is in 1812 in Portsmouth gebore. Sy kinderjare was moeilik, en sy omstandighede het versleg toe sy pa in 1824 weens skuld na die Marshalsea-tronk gestuur is. In die ongenadige toestande van die Victoriaanse tyd moes die twaalf-jarige Charles in 'n fabriek gaan werk. Herinneringe aan hierdie swaarkry het hom sy lewe lank bygebly. Hoewel hy min skoling gehad het, het hy alles moontlik gedoen om homself te ontwikkel. Hy het gevorder van klerk in 'n prokureurskantoor na verslaggewer vir 'n Londense koerant. Hy was maar vier en twintig toe hy voltyds begin skryf het. Die verhaal van Oliver Twist is aanvanklik as 'n reeks in 'n koerant gepubliseer. Dit vorm 'n aanklag teen die onmenslikheid waarmee kinders dikwels deur die gemeenskap behandel word en die dieptes waartoe armoede en ellende die menslike gees kan dryf - 'n verhaal wat tot vandag toe nie sy relevansie verloor het nie.

Recommendations for Die vreeslike avonture van Oliver Twist