Toepa-toepa towery

Toepa-toepa towery is ’n Digbundel vir kleuters uit die pen van wyle J. F. Spies.
Spies, J. F.; Spies, Lina; Grobler, Piet
toepa-toepa-towery
978-1-8691-9032-3
No longer available
new
€12.50 *

Titel: Toepa-toepa towery
Skryfers: J. F. Spies: Lina Spies
Illustrasies: Piet Grobler
Genre: Kinderboek
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suid-Afrika 2003
ISBN 9781869190323 / ISBN 978-1-8691-9032-3
Hardeband, 20 x 27 cm, 43 bladsye, baie illustrasies

Beskrywing:

’n Digbundel vir kleuters uit die pen van wyle J. F. Spies, vader van die digter Lina Spies. Hierdie buitengewone toevoeging tot Afrikaanse kinderliteratuur se waarde word verhoog deur die bekende kunstenaar Piet Grobler se illustrasies, elke vers en illustrasie ’n kunswerk in eie reg. Spies se liefdevolle inlewing in die kinderwêreld spreek van fyn aanvoeling vir die balans tussen erns, respek vir kinder kosbaarhede en humor.

Toepa-toepa, towerheks!
Jaag haar met die BMX!
Keer haar by die kruispad voor
want sy wil my teddie toor.
Neem net daar haar besem af,
sê sy moet maar padlangs draf.
Dalk word sy ’n goeie fee
wat vir ons presentjies gee.