Kootjie Totjie

Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders en grootmense.
kootjie-totjie
978-1-86919-313-3
No longer available
new
€12.50 *

Titel: Kootjie Totjie
Skryver: C. J. Langenhoven
Illustreerder: Marjorie van Heerden
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suid-Afrika 2009
ISBN 9781869193133 / ISBN 978-1-86919-313-3
Sagteband, 21 x 28 cm, 40 bladsye, baie illustrasies, Afrikaans

Beskrywing:

Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders en grootmense. Kootjie Totjie is ’n wit varkie wat heerlik op die plaas woon, totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer. Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar ’n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met ’n plan vorendag om Kootjie van die slagtersmes te red, en wat ’n meesterlike plan is dit nie! Die humor en lewendige beskrywings spreek van Langenhoven-stories se eiesoortige bekoring.