Bokveld Binnekort

"Bokveld Binnekort" is ’n wonderlike toevoeging tot die versameling knap spekulatiewe fiksie wat die afgelope ruk deur Suid-Afrikaanse skrywers gelewer is.
Human, Charlie
26021
978-1-4152-0378-1
In stock
new
€19.95 *

Titel: Bokveld Binnekort
Skrywer: Charlie Human
Genre: Wetenskapfiksie
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kapstad, Suidafrika 2013
ISBN 9781415203781 / ISBN 978-1-4152-0378-1
Sagteband, 15 x 22 cm, 176 bladsye

Beskrywing:

Die hoofkarakter van "Bokveld Binnekort", Baxter Zevcenko, is ’n sestienjarige hardebaard wat ’n pornografiesindikaat op sy skool se speelgrond bedryf. Baxter is vlymskerp, het ’n donker sin vir humor en die roman is ryk aan heerlike pittighede. Die hel is los wanneer Baxter se meisie Esmé ontvoer word en hy met ’n skok op Kaapstad se bonatuurlike onderwêreld afkom. ’n Ongewone tand op die toneel van Esmé se verdwyning help Baxter om kennis te maak met Jackie Ronin, ’n man wat bonatuurlike monsters jag. Saam probeer hulle vir Esmé opspoor en kruis hul weë met ’n gloeiende man uit Wes-Afrika, die berugte Koningin van die Nagsluipers en ’n waansinnige wapendeskundige genaamd Basson. Baxter probeer so hard om sin te maak van hierdie vreemde wêreld dat hy nie agterkom dat hy deel is van Basson se bose plan wat die aarde bokveld toe kan stuur nie.