Van skoolbank tot bordeelbed

Van skoolbank tot bordeelbed is ’n Boek wat gelees moet word. Ons durf nie meer ons koppe wegdraai van hierdie en ander soort vergrype nie.
Hough-Coetzee, Jaco; Kruger, Elanie
26178
978-0-908387-52-6
sofort lieferbar
neu
17,80 € *

Titel: Van skoolbank tot bordeelbed
Skrywers: Jaco Hough-Coetzee; Elanie Kruger
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers SA
Kaapstad-Johannesburg, Suid Afrika 2015
ISBN 9780908387526 / ISBN 978-0-908387-52-6
Sagteband, 15 x 23 cm, 240 bladsye

Oor: Van skoolbank tot bordeelbed

Hykie Berg (www.hykieberg.com) onthou: Nadat ek in 2012 van Elanie Kruger gehoor het, het ek 'n af-spraak met haar gemaak en haar in 'n restaurant in Randburg ontmoet. Ek was toe baie betrokke by PSARU (People Search and Rescue Unit), 'n organisasie wat vermiste kinders en volwassenes op-spoor en terugkry, onder andere slagoffers van mensehandel. Ek was nuuskierig om na haar storie te luister, maar terwyl sy my daarvan vertel het, kon ek nie glo wat ek hoor nie. Die prentjie wat sy geskets het, het net nie gestrook met die pragtige en saggeaarde brunet wat voor my gesit het nie. Haar storie sal enige persoon se hare laat rys en hierdie nagmerrie-ondervinding sal haar altyd bybly, het ek gou besef. 'n Mens kan amper nie glo dat sy dit alles oorleef het nie. Later het ek 'n ander kant van haar leer ken: haar vurige passie om nie net slagoffers van mensehandel te help nie, maar ook om proaktief op te tree om te keer dat ander nie in dieselfde strik val nie. Sy leef ab-soluut daarvoor om te help om hierdie euwel stop te sit. Ons het vriende geraak en saam het ons talle praatjies by verskillende plekke in die land aangebied om bewustheid oor mensehandel te skep. Sy vertel haar storie met eerlikheid en 'n oop gemoed, iets waarvoor min mense in die lewe sal kans sien. Elanie Kruger is vandag nie meer bang nie: sy is vreesloos en doelgerig met die taak wat sy haarself opgelê het. Sy beteken ook baie vir PSARU - iets waarvoor ek en die hele span baie dankbaar is. Sommige me, iemand met 'n hart vol drome. 'n Meisie bly tog altyd net 'n meisie. In hierdie boek word haar aangrypende verhaal boeiend deur Jaco Hough-Coetzee vertel.