Totius: Versamelde Gedigte

Hierdie moie boek is 'n volledige versameling van Totius (Jakob Daniël du Toit) se gedigte.
07-0340
0-624-02606-X
sofort lieferbar
gebraucht
39,95 € *

Titel: Totius: Versamelde Gedigte
Skrywer: Jakob Daniël du Toit (Totius)
Genre: Poesie
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers Beperk
Kaapstad, Suid-Afrika, 1988
ISBN 062402606X / ISBN 0-624-02606-X
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 464 bladsye

Toestand:

Goeie toestand.

Beskrywing:

In 1977 is die Versamelde Werke van Totius onder redaksie van prof. dr. Hertzog Venter saamgestel in opdrag van die Publikasiekomitee van die Totius-eeufees en deur Tafelberg uitgegee in samewerking met die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. In Deel 10 is die nege gepubliseerde digbundels opgeneem saam met 'n paar verspreide gedigte en verhale. Gedigte wat in vroeëre drukke van die digbundels voorgekom het maar by herdruk weggelaat is, is in 'n spesiale rubriek onder "Mengelwerk" opgeneem, met aanduiding van die bundels waarin hulle verskyn het. Sy Psalm- en Skrifberymings verskyn in Deel 11. Die tiende deel word nou afsonderlik uitgegee as Versamelde Gedigte van Totius. Die verhale in "Mengelwerk" is weggelaat en die afdelingsopskrif is verander. Die teks van die gepubliseerde digbundels is die laaste wat deur die digter self geredigeer is. Aantekeninge en die aangee van variante word beperk tot wat verhelderend is of interessante lig op die bepaalde gedig werp. Hier en daar is boeiende vroeëre redaksies opgeneem. Drukfoute en kennelike vergissings is sonder aanduidings verbeter. Alfabetiese registers van titels en beginreëls is toegevoeg.