Die vere van die duiwel

Die vere van die duiwel is beskou as 'n belangrike bydrea tot die erfenis van sowel die afstammelinge von Europese setlaars, asook die nasate van Nama- en Damara-storievertellers.
16959
978-99945-76-25-8
sofort lieferbar
neu
14,80 € *

Titel: Die vere van die duiwel
Subtitel: Vergete ou Afrikaanse sprokies - gpgediep in Namibië
Skrywer: Sigrid Schmidt
Genre: Sprokies
Uitgewer: Kuiseb Uitgewer
Windhoek, Namibië 2014
ISBN 9789994576258 / ISBN 978-99945-76-25-8
Sagteband, 17 x 24 cm, 96 bladsye

Beskrywing:

Sigrid Schmidt, gebore in Berlyn, het sowel Engelse as ook Duitse taalwetenskap en letterkunde aan die Vrye Universiteit van Berlyn en in die VSA studeer. Daan het sy van 1959-1962 met haar man, waterwese-ingenieur Martin Schmidt, SWA/Namibië gewoon tydens konstruksie van die Hardap-dam, en daar begin, om van die Namas en Damaras se ou verteltradisies bymekaar te maak. Nadat hulle teruggekeer het na Duitsland, het sy Namibië agt keer besoek, om volksverhale in verskillende dele van die land op band op te neem. Haar publikasies "Märchen aus Namibia" (1980), die 10-volume uitgawe "Afrika erzählt" (1991-2009), "A Catalogue of the Khoisan Folktales of Southern Africa" (2013) en talle artikels in wetenskaplike tydskrifte in Duitsland, SWA/Namibië, Suid-Afrika en Engeland is gebaseer op hierdie versamelings. Hierdie versameling in Die vere van die duiwel kan dus beskou word as 'n ware en waardevolle weerspieëling van wat die vroeë koloniste na die suide van Afrika gebring het. Daarby toon parallelle weergawes dat verskeie vorme van 'n verhaal - en almal gebaseer op verskillende Europese mondelinge tradisies - eens naas mekaar vertel is, en kan ons so 'n idee kry van die rykdom sprokies wat eens op 'n tyd aan die Kaap geleef het. Die laaste oorblyfsels hiervan kon in Namibië versamel word. In die tussentyd het die meeste van die ou talentvolle vertellers afgesterf en saam met hulle die laaste glimpe van die lewende orale tradisies van die oer-Europese verhale aan die Kaap.

Inhoud: Die vere van die duiwel

Inleiding
Die sprokies
Die reus Windpomp
Die donkie, die tafeldoek en die kierie
Luismeisie
Die drie wense
Langbeen, Verkyker en Seewater-drinker
Witrokkie
Die goue appels
Die hoendermeisie
Die saadkorrels
Die vere van die duiwel
Die vier rooi honde
Die wonderblom
Die man met die hondevel
Die tweelingbroers Jannie en Pieter
Die tale van die diere
Die soldaat en die ongedierte
Die seun wat nie bang vir 'n spook was nie
Die besoek van die dooie vrou
Die rower onder die bed
Die grafrower
Die raaisel
Hoe 'n man die duiwel uitoorlê
Jakkals gee vioolles
Slim Jan en Dom Jan
Die sterk man en sy vier maats
Die towervoëltjie
Sewekop en die drie meisies
Die drie reisgenote
Die dankbare dooie
Die meisie sonder arm
Die slim dogter
Die weeskind, die bokkie en die kalfie