Idees Vol Vrees Volume 2

Idees Vol Vrees Volume 2 bevat eksklusiewe humor wat jy net in Afrikaans kan kry.
26222
978-1-77022-510-7
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Idees Vol Vrees, Volume 2
Skryver: Kobus Galloway
Genre: Humor, tekenprente
Uitgewer: Random House Struik (Zebra Press)
Kaapstad, Suid-Afrika 2012
ISBN 9781770225107 / ISBN 978-1-77022-510-7
Sagteband, 24 x 18 cm, 156 bladsye, regdeur strokiesprente

Beskrywing:

Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes skep. As ’n bonus is daar ook 50 oorspronklike eenreël-woordspeling grappies wat deur Kobus geskryf is bygevoeg. Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50 000, en die eerste IVV boek was ’n reuse sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, die braai of selfs die koffietafel!