Boererate

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.
Smuts, Danie
21056
978-0-14-353921-6
sofort lieferbar
neu
29,95 € *

Titel: Boererate
Skryver: Danie Smuts; Anna Vimercati
Genre: Kultuurgeskiedenis
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9780143539216 / 978-0-14-353921-6
Hardeband, 20 x 25 cm, 240 bladsye

Beskrywing:

Boererate: 'n Mens wonder waar en wanneer die oorsprong. Is die Boer die plattelander of is die woord sinnebeeldig van die Afrikaanssprekende, hetsy dorpenaar of plaasboer? Spel jy dit met n hoofletter, dan is dit die Afrikaanssprekende. In party woordeboeke word die woord "Boererate" nie gevind nie, maar wel "Boere-middele". n Middel is immers aanduidend van n voorskrif, terwyl rate liewer die indruk skep van oorlewing. Daar is meer romanse in die woord "rate'' as in "middele". Oorlewing is gebore uit hoorsê, observasie, ondervinding, mite, geloof en die magiese.

Die oermens het gou kennis gemaak met beserings en wonde, dié was die gevolg van fisieke, tasbare elemente. Siektes was onverklaarbaar, die oorsaak die onaantasbare. Maar die vroeë mens het by die dieresamelewing gesien en geleer en moontlik so n titseltjie eksperimentasie bygevoeg, as pylgif kon gemaak word, was daar dan ook nie die nodige vir natuurfarmasie nie? So het die Grieke honderde jare voor Christus plantegroei ingedeel in medisinale en nie-medisinale spesies, en tot onlangs moes die mediese student nog plantkunde as n eerstejaarvak neem. Maar die misterie van siekte roep die onbekende op, en die oorsaak word gesoekby besoeke van die ongewenste.

Vandaar die genesing deur gepaardgaande rituele. Maar ook nie altyd nie, die boervroumoeder met konsentrasiekamp-ondervinding moes haar kind se witseerkeel diagnoseer en behandel met dit wat sy ken: stoom, en die nog warm linker-wolkous om die nek. Sy het nog nie geweet van serum nie, terwyl die stadsvroumoeder die dokter byderhand het en nooit daardie soort wroeging hoef mee te maak nie. Ons het hier met sowel die etniese as die geografiese Boer te make. Die misterie van juis die linker-wolkous is moontlik dat van die min kinders wat die siekte oorleef het in die kamp so behandel is.

Auszug aus diesem Buch: