Ons Veldblomme Erfenis

Ons Veldblomme Erfenis is 'n mooie album om SHELL-prente van die Suid-Afrikanse plante in te samel.
07-0159a
nicht mehr lieferbar
gebraucht
45,00 € *

Titel: Ons Veldblomme Erfenis
Skrywer: H. B. Rycroft
Uitgewers: Trident Press (est. 1960s)
Botanical Society of South Africa
Oorspronglike hardeband, 21 x 30 cm, 40 bladsye, regdeur kleur foto's, teks: Afrikaans; Engels

Toestand:

Goed.

Beskrywing:

Suid-Afrika het 'n rykdom van veldblomme waarvan sommige wel nog volop groei maar ander skaars word soos die mens inbreuk maak op hulle natuurlike habitat. Baie van ons blomme ís be-sonder mooi en staan hoog aangeskrewe oorsee; desnieteenstaande word mense hier in ons eie land déésdae eers bewus van die blommeryk wat die natuuronsgeskenkhet. Daar ís meer as 20 000 spesies veldblomme in Suid-Afrika en natuurlik kan slegs 'n klein persentasie van hulle hier geillustreer word. Deur die prente vir hierdie album te versamel, hoop ek dat beide grootmense en kinders meer te wete sal kom van ons inheemse plantegroei en 'n groter waardering sal aankweek vir die waarde daarvan. Deur bewaring en 'n beter kennis van ons omgewing kan ons ons flora beioaar vir die geslagte van die toekoms. Ek is seker dat u dit sal geniet om "Ons Veldbomme Erfenis" te versamel. Dit word deur Shell Suid-Afrika ondersteun en hulle het ook vryelik fondse geskenk vir die werk van die Nasionale Botaniese Tuine van Suidelike Afrika.