Die tale wat ons praat. Taaldinge uit die gewilde radioprogram

Die tale wat ons praat. Taaldinge uit die gewilde radioprogram, vir almal wat lief is vir Afrikaans!
Fourie, Danny; Luther, Jana; Pheiffer, Fred
24016
978-1-77-609233-8
sofort lieferbar
neu
34,80 € *

Titel: Die tale wat ons praat
Ondertitel: Taaldinge uit die gewilde radioprogram
Samesteller: Danny Fourie
Redakteurs: Jana Luther; Fred Pheiffer
Uitgewer: Penguin Random House Suid-Afrika
Druknaam: Penguin Books
Kaapstad, Suid-Afrika 2018
ISBN 9781776092338 / ISBN 978-1-77-609233-8
Sagteband, 15 x 24 cm, 20 0bladsye

Oor: Die tale wat ons praat. Taaldinge uit die gewilde radioprogram

Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap 'n proteskoekie genaamd 'n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om 'n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook 'n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van 'n skuifie en wanneer is dit skyfie?

Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op 'n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard? Hoekom is Afrikaans die enigste taal waar hoofletters aanvanklik in die Bybel gebruik is by voorname wat na God verwys? En waarom het dié gebruik ná die eerste Bybelvertaling verval? Vir jare al, Sondae net ná elf, word dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord.

Want Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nïe, en haar sprekers is aktiewe taalskeppers en kreatiewe gebruikers. Hierdie boek kan gelees word as 'n gids ter aanvulling van die radio-program - ideaal vir trotse Afrikaanssprekendes wat gesteld is op korrekte taalgebruik, maar wat nie geïntimideer wil voel deur die voorskriftelikheid van skoolhandboeke nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister - en almal wat lief is vir Afrikaans!

Danny Fourie is 'n oudpredikant en voormalige TV-regisseur van programme soos Netwerk, Kruis en Kroniek en Top Billing. Hy is die samesteller van die gewilde Hoe verklaarjy dit? #1 en #2, en die skrywer van Vir ewig en altyd saam en Regardt.

Redakteurs Jana Luther en Fred Pheiffer is woordeboekmakers en redakteurs van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Jana Luther is verbonde aan die Virtuele Instituut vir Afrikaans.