Swakopmund: Ons Erfenis

Moie versameling van illustrasies en beskrywings van die erfenis van Swakopmund, sy historiese duitse geboue.
11055a
0-86848-051-7
sofort lieferbar
neu
24,80 € *

Titel: Swakopmund. Ons Erfenis
Skrywer: Christine Marais
Uitgewer: Gamsberg Macmillan
Tweede uitgawe. Swakopmund, Namibia 1996
ISBN 0868480517 / ISBN 0-86848-051-7
Hardeband, 24 x 33 cm, 80 bladsye, 36 kleur printing, 1 kaart, teks in Afrikaans, Duits en Engels

Beskrywing:

Waar Swakopmund vandag is, was vroeër slegs 'n dooie woestynkus. Swakopmund is in 1892 as 'n militêre basis deur Curt von Francois gestig. Vandag is hierdie dorp met sy onmiskenbare Europese atmosfeer, sonder twyfel een van die mooiste dorpe in Suider-Afrika. Christine Marais beeld met hierdie versameling ink-, waterverf- en pastelkrytsketse die tipies koloniale boustyl uit 'n vervloë Duitse Ryk uit. As kunstenaar oortuig sy met haar akkurate weergawe van vroeëre Swakopmundse argitektuur, van die bekende sowel as die minder bekende. Die meeste van hierdie geboue is tussen die jare 1900 en 1910 opgerig. Die sogenaamde Jugendstil met sy verskeidenheid van torinkies, boë en ornamentele bouwerk, het die sterkste invloed hier uitgeoefen. Hierdie boustyl was aan die begin van die eeu oorheersend in Europa. Vir elke kleurwerk is daar ook 'n penskets in detail wat op die bepaalde gebou van toepassing is. Verklarende en interessante feite rond elke kunswerk af.