Gobabis. Waar die olifante drink

Geniet die lees en word deel van Gobabis, waar die olifante drink...
Mouton, Ilse
13526
978-0-620-76458-2
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Gobabis
Subtitel: Waar die olifante drink
Skryver: Ilse Mouton
Uitgewer: Ilse Mouton
Gobabis, Namibia 2018
ISBN 9780620764582 / ISBN 978-0-620-76458-2
Sagteband, 15 x 22 cm, 116 bladsye, 60 kleurfotos, Afrikaans

Beskrywing: Gobabis. Waar die olifante drink

Efraim Dawids, Dorps Klerk van Gobabis: Dit is vir my 'n besondere voorreg om deel te wees van die wonderlike skrywe onder die pen van Ilse Mouton. Hierdie voorreg het my nie net te beurt geval omrede ek aan die helm van die dorp se uitvoerende posisie sit nie maar ook omdat ek 'n boorling van die prag juweel van die "Ooste" is. Ek kan dus met die grootste vrymoedigheid vir my assosieer met meeste van die gebeure, insidente en persoonlikhede in die boek en nooi u as leser uit om saam met ons deur die goue lyne van ons dorpie te gaan. Geniet die lees en word deel van die groei en ontwikkeling van ons dorpie, ook bekend as die bees wêreld.

Ilse Nadine Mouton (née Morries) is 'n gebore Kapenaar, matrikuleer in 1970 aan die Hoërskool Groote Schuur en kwalifiseer daarna as radiografis by Tygerberg Hospitaal. Sy is getroud met André, 'n radioloog, en woon sedert 1990 in die Paarl. As jonggetroudes verruil hulle die Bolandse berge vir die verrykende ervaring van 'n plattelandse leefwyse en verhuis na hul natiwe heimat in die eertydse Suidwes-Afrika - 'n land en sy mense wat 'n onuiíwisbare nalatenskap in hul wese neerlê. Teen die agtergrond van politieke veranderinge word die wel en weê van Gobabis gedurende die 1980's meí piëteit herleef.

Weitere Empfehlungen zu Gobabis. Waar die olifante drink