Fynbosfeetjies

Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld.
26916
978-1-41-520902-8
sofort lieferbar
neu
29,95 € *

Titel: Fynbosfeetjies
Skryver: Antjie Krog
Illustreerder: Fiona Moodie
Genre: Kinderboek, Gedigte
Uitgewer: Penguin Random House South Africa, Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2017
ISBN 9781415209028 / ISBN 978-1-41-520902-8
Hardeband, 24 x 34 cm, 201 bladsye, 15 groot illustrasies

Oor: Fynbosfeetjies

Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld. Antjie, geïnspireer deur Cicely Mary Barker se A World of Flower Fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word. Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skepings, maar die blomme, gogas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.

DISA-FEETJIE

so dans die Disa-dogtertjie
so dans sy langs die stroom
so buig sy met die varings saam
en was haar vlerkies skoon
so drink die Disa-dogtertjie
dou van die silwerboom
so het die Disa-dogtertjie
diep in my hart kom woon.