Die Jakkalsdans

Die Jakkalsdans is die derde roman van François Loots.
26085
9781415201015
sofort lieferbar
neu
17,80 € *
Titel: Die Jakkalsdans
Skryver: François Loots
Uitgewer: Randomhouse Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suidafrika 2011
ISBN 9781415201015
Sagteband, 15x22 cm, 256 bladsye

 

Beskrywing:

Op ’n klein plekkie in die Bo-Karoo is lewe en dood soos die paaie wat in en uit die dorp loop, albei deel van die orde. Maar in die jare sewentig kry die dood ’n flambojante teëhanger in die jong man Jopie wat wil klere ontwerp; met Annelien Kriel as sy leidende ster wil uitbreek na die verre Kaap. Die dood daarenteen kry gestalte in ene Rotman, wat onder die dorpenaars kom woon.

Hy asem die stof, want die stof is asbes, en jy moet twee keer dink as hy jou vir die jakkalsdans uitnooi. Jopie se aanneem-pa, Mannetjies, dink hý moet boet oor sy minnares, Tryn. Of wil Rotman met sy vrou Aletta dans? En al die tyd is hulle, soos al die mense op die dorp, onwetend vasgevang in iets groters as hulleself.


Meer oor François Loots:

François Loots is in Prieska gebore. Hy debuteer met Nagvoëls (2001), gevolg deur Lente in Beijing – laasgenoemde deur Rapport aangewys as een van die literêre hoogtepunte van 2003. Die Jakkalsdans is sy derde roman.

Auszug aus diesem Buch: