Titel: Die Herero-Opstand 1904-1907
Skrywer: Gerhardus Pool
Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij (HAUM)
Eerste uitgawe. Kaapstad/Pretoria, Suid Afrika 1979
ISBN 0-7986-0359-3
Oorspronklike sagteband en stofomslag, 16 x 23 cm, 311 bladsye, 9 fotos, 23 kaarte, afrikaanse teks
Goed. Die stofomslag het geringe skade.
Selde gevind.
Die lotgevalle van die Hererovolk beklee 'n sentrale plek in Suidwes-Afrika se kleurryke geskiedenis. Hulle opstand in 1904 teen die Duitse koloniale gesag kan trouens beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volkereverhoudinge die ingrypendste beïnvloed het. Hierdie manuskrip vertel die verhaal van die tevergeefse pogings van Duitse leiersfigure om vrede in Suidwes-Afrika te handhaaf, vrede tussen die inheemse volke onderling en vrede tussen Wit en Swart. 'n Aangrypende menslike drama speel hom voor die oë van die leser af: Die geleidelike opbou na 'n konfliksituasie; die skielike uitbarsting van meedoënlose geweld; die militêre botsings; en die tragiese afloop vir die Herero's toe duisende verhonger en verdors in die droë Omaheke omkom. Na afloop van die stryd verloor die Herero's saam met ander inheemse volke hulle grond en politieke seggenskap. 'n Nuwe tydvak in die verhouding tussen Wit en Swart breek hiermee aan.
Voorwoord
Inleiding
Die Oorsake van die Opstand
Die Opstand Breek Uit
Die Stryd by Okahandja
Die Ontplooiing van die Opstand in Ander Dele van Suidwes-Afrika
Franke se Segetog
Goewerneur Leutwein Neem die Bevel Oor
Opruimingswerk Suid van die Okahandja-Karibibspoorweg
Die Wesafdeling Behaal Oorwinnings
Die Oosafdeling Verloor, Wen en Verdwyn van die Toneel
Die Hoofafdeling se Eerste Aanslag op Samuel Maharero Misluk
Von Trotha Vervang Leutwein as Opperbevelhebber
Die Gevegte by Waterberg, 11 Augustus 1904
Von Trotha se Uitwissingsoorlog, Augustus tot Oktober 1904
Die Krygsbeleid Gewysig
Die Herero's in Krygsgevangenekampe, Augustus 1904 tot November 1905
Von Lindequist as Goewerneur, November 1905 tot Augustus 1907
Die Herero's Word Gerepatrieer
Ekonomiese Gevolge vir die Blanke Gemeenskap
Bronne
Bladregister
Lys van Illustrasies
9 Foto's verskyn tussen bladsye 200 en 201
Grondbesit in Suidwes-Afrika
Hereroland
Gebied waar opstand plaasgevind het
Poging om Okahandja vanuit Windhoek te ontset
Opstand in ander dele van Suidwes-Afrika
Otjimbingwe
Franke se segetog
Franke ontset Omaruru, 4 Februarie 1904
Die geveg by Liewenberg, 16 Februarie 1904
Die geveg duskant Gross-Barmen, 19 Februarie 1904
Die geveg by Klein-Barmen, 4 Maart 1904
Bewegings van die Wesafdeling, Februarie tot Maart 1904
Die geveg by Otjihinamaparero, 25 Februarie 1904
Bewegings van die Oosaf deling, Februarie tot April 1904
Sketskaart van die geveg by Owikokorero, 13 Maart 1904
Die geveg by Okaharui, 3 April 1904
Die geveg by Ogandjira, 9 April 1904
Sketskaart van die geveg by Oviumbo, 13 April 1904
Voorbereidings vir die geveg by Waterberg, Mei tot Augustus 1904
Die gevegte by Waterberg, 11 Augustus 1904
Die geveg by Hamakari, 11 Augustus 1904
Die geveg by Otjosongombe, 11 Augustus 1904
Von der Heyde se geveg, 11 Augustus 1904
Agtervolging in die Omaheke na 12 Augustus 1904
Militere bedrywighede, 1905-1907