Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe

In Lukas Nel, Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deel Lukas Nel sy lewens verhaal in 'n reeks kort verhale, waar hy sy lewensavonture beskryf en vertel van die struikel-blokke wat oor sy pad gekom het.
13571
978-99916-908-1-0
sofort lieferbar
neu
24,80 € *

Titel: Lukas Nel. Kort Stories Uit 'n Lang Lewe
Skrywer: Johannes de Koning
Genre: Memoirs
Uitgewer: Padlangs Publications CC
Windhoek, Namibia 2016
ISBN 9789991690810 / ISBN 978-99916-908-1-0
Sagteband, 17 x 23 cm, 103 bladsye, baie fotos

Beskrywing: Lukas Nel. Kort Stories Uit 'n Lang Lewe

Ek het die legendariese oom Lukas Nel in my hoedanigheid as nuwe predikant van die NG Kerk Tsumeb in 2010 leer ken. Hy was toe reeds en man van agt en tagtig jaar. Dadelik was dit vir my opvallend dat hy 'n interessante en energieke mens met 'n besondere geskiedenis is. Vol planne en dinge. Hy het vir my sommer met my eerste besoek aan hom vertel van die Lukas Nel-pampoen wat hy op sy grond kweek. Die pitte kom glo van Brasilië. Hy het dit daar uitgesmokkel. in 2012 kon die gemeente saam met oom Lukas sy negentigste verjaarsdag vier. Die koor het gesing en hy het 'n kort dankwoord in die kerk gerig. Die feite aangebied in hierdie beskeie boekie en die vertolking daarvan is hoofsaaklik oom Lukas ssn, alhoewel ek hier en daar waar dit moontlik was feite gekontroleer en help formuleer het. Die interpretasies en sienings wat hier oor sake gegee word is ook oom Lukas ssn en my betrokkenheid by die neerpen daarvan beteken nie noodwendig dat ek dit alles onderskryf nie. Oom Lukas is klein van postuur. Hy sê self: "Ek was 'n klein mannetjie, maar nooit 'n lafaard nie." Ja, hy is klein van gestalte, maar hy het 'n groot hart en 'n positiewe gesindheid. Die hart van 'n soldaat, pionier, entrepreneur, vasbyter. Mag sy voorbeeld vir almal wat sy verhaal lees aanspoor om hulle beste te lewer in die moeilike omstandighede en uitdagings wat oor elkeen van ons se pad gestuur word. Dit was 'n heerlike voorreg om met oom Lukas oor sy wedervaringe te gesels en nou kan jy ook daarin deel.

Inhous: Lukas Nel. Kort Stories Uit 'n Lang Lewe

INHOUD
SO BYNA-BYNA
NUWE BEGIN IN 'N ONGEREPTE LAND
OORLOG TOE
PIONIER IN DIE NOORDE
IN DIE DRIEHOEK VAN DIE DOOD
SES VAN DIE BESTES
GROOT GENADE
HERINNERINGE
Afsluitings brief
Verwysings