Gedigte deur Theo Wassenaar

Hierdie skaarse Afrikaanse digbundel is die tweede uitgawe (1938) van Gedigte deur Theo Wassenaar.
07-0348
sofort lieferbar
gebraucht
29,95 € *

Titel: Gedigte
Skrywer: Theo Wassenaar
Genre: Afrikaanse Poesie
Uitgewer: Nasionale Pers Beperk
Bloemfontein, Kaapstad, Port Eliszabeth, Suid-Afrika 1988
Oorspronklike hardeband, 14 x 19 cm, 94 bladsye

Toestand:

Redelike toestand. Rugstrook is effens los. Toewyding op skutblad, interessante notas in potlood geskryf.

Beskrywing:

Reeds so vroeg as 1921 publiseer Theo Wassenaar sy enigste digbundel onder die titel “Gedigte”. Hierin is dit veral sy reeks “Seesonnette” wat die aandag trek, waarin hy die skoonheid van die natuur besing en sy verlange uitspreek om een te word met die heelal. Sy liefdesgedigte toon dieselfde panteïstiese lewensbeskouing, terwyl “Nag” ’n mooi uitbeelding is van godsbesef. As kenner van die klassieke geskiedenis skryf hy daaroor gedigte, soos “Aethra” en “Theseus”, terwyl hy ook ’n aantal kindergedigte en verhalende gedigte soos “Nomo se wraak” skryf. Daar is ook enkele verse oor Nederland en ’n aantal nasionale gedigte, onder andere oor die Slag van Bloedrivier en die dood van president Steyn. ’n Tweede uitgawe van hierdie bundel word in 1938 gepubliseer, waarin vyftien gedigte weggelaat word en vier en dertig nuwes bygevoeg word. Een van die gedigte wat weggelaat word, is die langer gedig “Adams droom” oor die Skepping, wat deur D. J. Opperman in “Digters van Dertig” beskou word as “’n waardige verre voorloper” van W.E.G. Louw se “Adam”. Die nuwe gedigte verskil egter nie wesenlik in tegniek en toonaard van die voriges nie. Hoewel hy hierna nie weer publiseer nie, hou hy aan met dig en laat sowat vyftig ongepubliseerde gedigte na. Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Uit ons digkuns”, “Uit ons letterkunde”, “Digters en digsoorte”, “Afrikaanse ballades”, “Afrikaanse verse”, “Digters op die toring”, “Afrikaanse letterkunde”, “Digters en digkuns”, “Junior verseboek”, “Nuwe Kleinverseboek”, “Nuwe Kleuterverseboek”, “Die junior digbundel”, “My Afrikaanse verseboek”, “Voorspraak” en “Goudaar”. (uit Wikipedia)

Inhoud: Gedigte deur Theo Wassenaar

See-Sonnette
Aan Shelley
Roem
Nag
Op die Toring
Dagbreek
Gebed
O Sterre
O Verre Berge
Daag'Raad
Die Groot Stad
Bergtoppe
Staan Op
O Eew'ge Berge
Oujaarsaand
Lied van die Stilte
Een Uur Geleef!
Oor Vaal Karroo
Die Bergstroom
Drome
Op die Toring
Die See
Kennis en Gevoel
Geluk
Stille Vriende
Geheimenis
Hoëveld
Diepte
Sawends
Verlange
Droom en Waarheid
Vondelpark
Sluimer
Voel Ek Eensam
Serenade
Maanlignag
Stil Soos die Nag
Swart Rose
Toe My Oue Moeder
By die Bouvalle van Ou-Hellas
Heelal van Gees
Einde en Begin
Op die 25-Jahrige Jubileum van die Vrouefederasie
Op die Delwerye
Die een Talent
Aethra en Theseus
Funduzi-Meer
Nomo se Wraak
Oor Volk en Vaderland
Op die Dood van President Steyn
Afskeid by die Groot Trek
Die Slag by Bloedrivier
Hloma-Amabutho
Aan die Naggedagtenis van Mev. Genl. de Wet
In Memoriam
Aan Die Wat Moeg Is Om Te Stry
Die Wiel
Verlate Huis in die Oorlog
Die Trekker
Majuba
Kinderhoekie
Die Drie
Rooibeet-Wange
Die Windjie
Aandliedjie
Warrelwind