Huisies van papier

Huisies van papier 'n roman wat dalk vir kinders wat deur traumatiese egskeidings gaan, veel sal kan beteken.
Theron, Dalena
26196
978-1-4152-0708-6
sofort lieferbar
neu
18,50 € *

Titel: Huisies van papier
Skryver: Dalena Theron
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207086 / ISBN 978-1-4152-0708-6
Sagteband, 13 x 21 cm, 224 bladsye, Afrikaans

Oor: Huisies van papier

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa’s en ’n onheilige horde honde en katte op ’n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het, ten aanskoue van konserwatiewe familielede, nuuskierige agies vir bure, en haar boheemse ma, ’n skrywer wat nou op goeie voet met Anna se pa’s verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so ’n huishouding nie, veral nie noudat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jý die spil raak waarom dié hele spulletjie tol? In Huisies van papier vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Auszug aus diesem Buch: