Die sirkel van bekende dinge

Die roman Die sirkel van bekende dinge is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel.
26063
978-1-4152-0698-0
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Die sirkel van bekende dinge
Skrywer: Johan Vlok Louw
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415206980 / ISBN 978-1-4152-0698-0
Sagteband, 15 x 22 cm, 240 bladsye

Beskrywing:

Ek word wakker. Oë op skrefies. Son. Ons is in Pa se Ford Ranger op die N1, rondom ons is Karoobossies, rotsige flertse, bleekrooi sand plek-plek. Ek droom-sweef. "Hoe ver nog?" vra ek. "Amper daar." - "Ma?" - "Uit soos 'n kers." - Ek sluimer weer in. Dan is ons op 'n spoorwegbrug, 'n dorp lê daaronder tussen bome. 'n Hoë kerktoring. Pa ry stadiger vir spoedkameras, verkeerspolisie staan rond of sit verveeld in klein Opel Corsatjies. Links is 'n truckstop. 'n Verchroomde rooi Peterbilt-agtienwieler staan en luier langs die pad. By die pompe leun 'n kolossale mens in blou overalls teen 'n insleepbakkie. saayman panel and spray sê dit op die deur. Ek neem notisie. Ons ry verby klein baksteenhuisies, sink buitegeboue, rooi, plat-getrapte kampies. Mammas met kindertjies. Spatsels fabrieke midde vierkante met vibracrete omhein. 'n Uitgeteerde, swart brak gaan lê lui teen 'n lemmetjiegroen muur.

Ou karre rus op sementblokke, houtstutte, binnegoed buite. Ons ry die dorp binne oor 'n wit bruggie, oor 'n droë rivierloop met populierbome. Pa draai af by 'n Caltex one stop. "Ek gaan vra waar die plek is," sê hy. "Wil jy iets eet?" - "Hoekom bel jy nie net die stasie nie?" Hy kyk om, sê: "Oor ek noggie blerrie werk nie." - "O." - "In elk geval, ons sal die sleutels nodig hê." - "Hmm." - "Ek bel sodra ons geëet het. Waarvoor is jy lus?" - "Ek's nie eintlik honger nie." - "Tog - ek dink jy sal anyway iets wil hê." Ons klim uit en hy stap oor na die one stop-kafee-cum-restaurant. Ek wag by die Ranger en bekyk alles. Dis besig op die voorwerf: voertuie wag vir petrol, familietjies daar oorkant in Wimpyvensters geraam. Lyk soos 'n kitskostrein wat 'n stasie binnekom, dink ek. [...]