Orania

Hierdie geïllustreerde boek is 'n fotografiese stedelike portret van Orania, 'n kultuur-homogene plek van Afrikaner leefstyl in te midde van Suid-Afrika.
21196
978-1-4152-0681-2
sofort lieferbar
neu
49,95 € *

Titel: Orania
Skrywer: Hanlie Retief
Fotograaf: Michael Hammond
Genre: Stedelike portret
Uitgewer: Random House Struik Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415206812 / ISBN 978-1-4152-0681-2
Sagteband, 24 x 27 cm, 208 bladsye, regdeur kleurfotos, teks in Afrikaans en Engels

Beskrywing: Orania

Orania is nie langs enige hoofroete nie. In die barre Noord-Kaap van Suid Afrika, iewers op die R369 tussen Hopetown en Petrusville, sowat 160 km van Kimberley, lê dié dorp wat sedert sy totstandkoming as ’n volkstaat slegs vir wit Afrikaners in kontroversie gehul is. Dis ’n dorp van ongewone kombinasies: ’n duisend wit mense en derduisende pekanbome; droë Karoo en die groen soom van die Oranjerivier; die ideologie van sommigesen die opportunisme van ander. Mense wonder oor Orania. Hoe ís dit daar? Watter soort mense bly daar? Is daar toegangshekke? Is dit neo-apartheid? Fotograaf Michael Hammond rig sy kamera op die mense van Orania en skrywer Hanlie Retief gee in meegaande vertellings ’n blik op hul lewens.