'n Seun soos Bram

'n Seun soos Bram is 'n spannende verhaal van die kommunis Bram Fischer, leier van ’n revolusionêre beweging in Suidafrika.
26093
978-1-4152-0147-3
sofort lieferbar
neu
23,80 € *

Titel: 'n Seun soos Bram
Skryver: Hannes Haasbroek
Typ: Biografie
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2011
ISBN 9781415201473 / ISBN 978-1-4152-0147-3
Sagteband, 15x22 cm, 400 bladsye, Taal: Afrikaans

Beskrywing:

Die spannende verhaal van die kommunis Bram Fischer, leier van ’n revolusionêre beweging in ’n ondergrondse komplot teen die apartheidsregering, is maar een deel van Fischer se storie. Nadat hy die ander samesweerders soos Nelson Mandela in die Rivonia-verhoor verdedig het, is hy self aangekla, maar het verdwyn terwyl hy op borgtog uit was. Ná maande is hy gevang en tot lewenslank gevonnis.

Daarby moes hy leef met ’n verskriklike selfverwyt oor ’n motorongeluk waarin sy vrou dood is. Maar naas die intrige en spioenasie is daar ook ’n ander verhaal van ’n gelukkige Vrystaatse jeug en hegte bande tussen Bram en sy ma, die skrywer Ella Fischer. Hannes Haasbroek vertel beide verhale gesaghebbend en deeglik, deels gegrond op nuwe dokumente soos familiebriewe en Ella se dagboeke.

Bram se verhaal word geteken teen die agtergrond van die Fischers en Fichardts, die aristokratiese Vrystaatse families waaruit hy stam, en wie se lotgevalle verweef is met die Afrikanergeskiedenis van voor die Anglo-Boereoorlog tot by apartheid en die struggle. ’n Seun soos Bram is die eerste biografie in Afrikaans oor hierdie hoogs bekende, verworpe en vereerde Afrikaner.

Inhoud: 'n Seun soos Bram

Die Fichardts en die Fischers
Oorlogsjare
Harmonie en rebellie
Plaaslewe
Die veelsydige Ella
Die hartseer weggaan
'n Troue en 'n omstrede roman
'n Seun soos Bram
Ouers en kinders
Beaumontstraat, 'n oase vir linkses
Triomf en wintersjare
Die uitmergelende Rivonia-verhoor
'n Lewe verkrummel
Die advokaat verdwyn
'n Stem uit die beskuldigdebank
Laat die siek man vry
Die laaste sestig dae
Voorwoord
Proloog: Dít het Ella nie beleef nie
Epiloog
Bronne
Persoonsregister
Sakeregister
Eindnotas