Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914

Hierdie studie is oor die rol wat Kurt Streitwolf tussen die jare 1899 en 1914 in die geskiedenis van Suidwes-Afrika gespeel het.
05-0583
0-628-01461-9
nicht mehr lieferbar
gebraucht
39,00 € *

Titel: Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914
Skryver: E. L. P. Stals
Uitgewer: Perskor-Uitgewery
Eerste Uitgawe, Johannesburg, Suid-Afrika 1979
ISBN 0628014619 / ISBN 0-628-01461-9
Oorspronklike hardeband en vooromslag, 16 x 24 cm, 142 bladsye, sommige fotos, 1 kaart


Toestand:

Goed. Min tekens van gebruik, intern skoon en vars.
'n Skaars boek.


Beskrywing:

Dit het in 'n sekere sin gemeenplaas geword om te sê dat die geskiedenis van Suidwes-Afrika nog geskryf moet word. Dit bly egter onteenseglik waar dat nog baie basiese arbeid verrig sal moet word by wyse van gedetailleerde studies om die verskillende elemente van die Suidwes-Afrikaanse verlede bekend te stel.

Hierdie studie oor die rol wat Kurt Streitwolf tussen die jare 1899 en 1914 in die geskiedenis van Suidwes-Afrika gespeel het, wil graag 'n bydrae daartoe lewer om die fassinerende verlede van dié gebied se mense bloot te lê. Streitwolf se werk op die terreine van landverkenning en veral die hantering van rasseverhoudinge maak van hom 'n fïguur van belang. 'n Studie van sy persoonlike rol dra tot ons kennis van en insig in die groter vraagstukke van die tyd by.


Inhoud:

VOOR WOORD
I. EERSTE DIENSJARE IN DIE SCHUTZGEBIET

Vroeë lewensloop- Ontwikkeling in die koloniale beleid en Suidwes-Afrika - Sy koms na die kolonie - Distrikshoof van Okahandja - Inboorling-aangeleenthede - Distriksontwikkeling - Persoonlike botsings - Verlof in Duitsland

II. GOBABIS: PIONIERSWERK OP DIE OOSGRENS
Onsekerheid oor die toekoms - Distrikshoof van Gobabis - Die Herero-opstand en inboorlingaangeleenthede - Sy eerste besoek aan Ngami - Sy beskouinge oor die Hererovraagstuk - Onderhandelinge met die Ngami-Herero's - Verdere besinning oor die Herero-aangeleentheid - Die ontwik-keling van die distrik

III. NA DIE CAPRIVI
Redes vir die onderneming - Streitwolf se bewegings - Die beeste-aangeleentheid en ander probleme - Karteringswerk en waarnemings - Sy vertrek - Algemene ontwikkelinge - Streitwolf reis na die Okavango - Hy word Referent - Sy standpunte en hantering van inboorlingsake - Die openbare reaksie

IV. REFERENT VIR INBOORLINGSAKE
V. VAARWEL

Sy afskeid - 'n Waardering
BRONNELYS